Title: “The Original Sharp Street Studio, Yeoville”, by Andries Bezuidenhout, oil on canvas, 29.5×41.5cm.
This painting was made for Willem Moller, South African guitarist and sound engineer, who mixed Andries’ solo album “Onplaats” at the beginning of 2020. Willem’s original recording studio was located in Yeoville, Johannesburg. A number of classic South African albums were recorded here, including the Blues Broers’ album “Sharp Street”. Willem was also a member of the famous (or notorious) Gereformeerde Blues Band, which played with the late Johannes Kerkorrel, an important figure in Afrikaans anti-apartheid music from the late-1980s onward. Willem now lives and works in Glencairn, a settlement near Simon’s Town in the Western Cape, but his studio is still called Sharp Street. The painting depicts a typical Yeoville street scene, with an Edwardian cottage, an Art Deco apartment block, and a Jacaranda tree in the background.
“Onplaats” is Andries Bezuidenhout se derde solo album en is in April 2020 deur Die Wasgoedlyn vrygestel. Dit bevat twaalf oorspronklike komposisies, waarvan die lirieke en musiek deur Andries geskryf is, buiten “Tussen Platvoet en Stoompomp”, waarvan die melodie deur Herman van Veen gekomponeer is. Die album word aan die ou en nuwe Gereformeerde Blues Band opgedra, deels as dankbetuiging teenoor Riku Lätti en Willem Möller, wat elk ʼn belangrike rol gespeel het met die produksie van die album. Riku het gehelp met verwerkings en besluite oor musikante om op van die tracks te speel en Willem Möller het die finale meng en meester van die album behartig.
Andries se antwoord: “Daar’s twee maniere hoe ek dit titel verstaan. Op een vlak is dit ʼn grappige verwysing na die feit dat ek die album net op die web vrystel. Dis die eerste album wat ek glad nie as CD vrystel nie, laat staan nog vinielplate van laat druk. So, dis nie ʼn plaat nie – dis ʼn onplaat.
“Die ander vlak is meer filosofies van aard. Dit kom uit ʼn gesprek met Herman van Veen (verskoon my, dis nie bedoel as ‘name dropping’ nie). Ek was in 2015 in Nederland om by ‘n Suid-Afrikaanse fees op te tree en hy was die gasheer. Hy het gevra dat ek ‘n liriek moet stuur, wat hy toe getoonset het. Ek het ‘Tussen Platvoet en Stoompomp’ vir hom aangestuur. Dit handel oor iemand wat op ʼn plaas wil woon iewers tussen plekke genaamd Platvoet en Stoompomp. Toevallig is daar werklik sulke plekke in die Vrystaat, maar min mense weet daarvan. Herman van Veen het oor ʼn moontlike Nederlandse vertaling gepraat en hy wou verwys na ʼn plaas (of plaats) ‘tussen niks en nêrens’. Ek wou weet waarom hy nie soortgelyke name soos Platvoet en Stoompomp in Nederland kon vind nie.
“Sy antwoord was dat daar nie ʼn enkele plek in Nederland was wat almal nie van weet nie. Ek het toe ʼn paar name op ʼn kaart gaan soek as voorbeeld, maar in elke geval kon Herman die plek se geskiedenis ophaal – byvoorbeeld dat ʼn biskop daar in, sê nou maar, die jaar 1415 onthoof is. Dit was ʼn interessante punt oor die verskille tussen Nederland en Suid-Afrika. Nederland is meer intiem, aan mekaar bekend, terwyl Suid-Afrika nog plekke het waarvan niemand nog gehoor het nie. Van daar die ‘onplaats’ – ʼn plek wat net in die verbeelding bestaan, ʼn onplek.”
Vertrek – video
“Vertrek” praat oor iemand wat altyd jaag, wat nooit ʼn vaste adres wil hê nie en sy briewe verkieslik op die volgende dorp se poskantoor gaan haal. Die liriek speel met die verskillende betekenisse van die woord “vertrek”: “ʼn Huis het vertrekke, ʼn gesig kan vertrek/ van liefde of haat of bedrog./ Die enigste vertrek waarvan ek wil weet/ is die een wat op afskeid volg.” Die video gebruik tydsverloop (time-lapse) fotografie van road trips deur die Karoo – die pad tussen Oudtshoorn en Calitzdorp, asook tussen Middelburg en Hanover. Oor die video sê Andries: “Ek het aan landskapskilderye gedink toe ek oor die video se konsep gedink het. Wolke en die lug is gewoonlik só ʼn belangrike deel van sulke skilderye, dit neem tipies twee derdes van die skildery se oppervlakte op. Waar ʼn skildery een prent is, moes dit beelde in hierdie video super vinnig beweeg – die effek daarvan is dat die landskap amper te vinnig beweeg om te kan eien, maar die wolke bo in die lug verskaf ʼn ankerpunt. Ek wou hê mense wat na die video kyk moet amper meer op die wolke fokus as die landskap self.”
Media
Bespreking van die album deur Francois Lion-Cachet, asook foto’s deur Andries en ‘n playlist van interessante Afrikaanse musiek op Klyntji.
Onderhoud met Andries deur Henry Cloete op LitNet.
Resensie van die album deur Daniel Luckhoff Wessels op Texx and the City website oor Suid-Afrikaanse musiek.
Onderhoud met Andries deur AJ Opperman vir Netwerk24 (pay wall).
Musikante op “Onplaats”:
Andries Bezuidenhout: Stem, staal- en nylonsnaar akoestiese kitare.
Emma van Biljon en Lisa Bezuidenhout: Kinderstemme.
Vangile Bingwa: Backing vocals en koor.
Rosa Da Costa-Bezuidenhout: Backing vocals en koor.
Mark Ellis: Baskitaar.
Lathitha Espin: Backing vocals.
Joey Kok: Backing vocals.
Jackie Lätti: Koor.
Riku Lätti: Elektriese kitaar en keyboards.
Jean Marais: Drums en ander perkussie.
Willem Möller: Elektriese en akoestiese kitaar.
Jake Rabie: Koor.
Lukas van Garderen: Keyboards.
Produksie:
“Onplaats” is tussen September 2018 en April 2020 opgeneem. Andries se stem en kitare is in Alice, Nieu-Bethesda, Lowlands-landgoed (naby Cradock) en Oos-Londen opgeneem. Vangile se stem is in Alice opgeneem. Joey, Jake, Lathitha, Rosa, Emma en Lisa se stemme, asook Lukas se keyboard, is by Lowlands opgeneem. Drums deur Jean en baskitaar deur Mark is by Mark-Tunes Studio in Stellenbosch opgeneem. Riku se kitare en keyboard en Jackie se vocals is by Wasgoedlyn Studio in Strand opgeneem. Willem Möller se kitaar is by Sharp Street Studio in Glencairn opgeneem. Finale meng en meester deur Willem Möller by Sharp Street Studio in Glencairn.
ʼn Driebeenjakkals het ʼn lam gevang by die laaste plaas voor Loxton se dam. Aasvoël wag vol begeerte op die windpomp, aan stomende wolke hang nog ʼn klomp en op wat nou nog oor is van telefoondrade sit die gulsige oë van witborsrawe.
Refrein: Kom pik aan die karkas, kom pik pik pik, julle vreters van aas, kom pik pik pik. Druk jou snawel tussen sening en been, jy moet pik pik pik as dit karkasse reën.
Splinternuwe Prado het ʼn steenbok getrap op Williston en Carnarvon se pad. GPS gee koördinate van die feesmaal vir vos se kind om die buit te kom haal. Aan die lug wat oorkook, die verwagte aasvoël en rawe op die koop toe voltooi die skool.
Refrein
ʼn Middelklasfamilie het bankrot gespeel in Langenhovenpark se beste deel. Prokureurs, ouditeurs en al die ander teurs vergader in dasse vir elkeen se deel. Die fiskaal fladder in met ʼn hofbevel wat die terme van die aasmaal stip uitspel.
Refrein
Jou adres jou skakel in die voedselketting – roofdier, aasdier, of prooi se nering, oogtande, snawel of herkouer se bek. Pik jy aan oorskiet, of breek jy ʼn nek?
Refrein
[2] SOMER
Palms aan flarde van ou orkane, maar nie nou nie, nie hier nie, nie nou nie, nie hier nie, net die wind in jou hare. Met my mond kan ek dit proe, en inasem.
Jy’s storm en stil soos die strand en die see, jy’s storm en stil soos die strand en die see, jy’s storm en stil soos die strand en die see.
Duine geblyk deur die harde son, maar nie nou nie, nie hier nie, nie nou nie, nie hier nie, net die lig op jou rug. Ek kan daaraan raak, dit vashou.
Jy’s warm en koud soos die strand en die see, jy’s warm en koud soos die strand en die see, jy’s warm en koud soos die strand en die see.
Rotse geslyp deur aanhoudende branders, maar nie nou nie, nie hier nie, nie nou nie, nie hier nie, net ʼn druppel in jou nek wat ek met my vinger afvee en aan proe.
Jy’s droog en sout soos die strand en die see, jy’s droog en sout soos die strand en die see, jy’s droog en sout die strand en die see.
[3] TUSSEN PLATVOET EN STOOMPOMP
(Musiek: Herman van Veen)
Kom boer saam met my op my lappie grond, dis nêrens op ʼn kaart nie, maar dis rond en bont – iewers op die pad tussen Platvoet en Stoompomp.
Dis ʼn plaas sonder geskiedenis en sonder toekoms, net ʼn nou en ʼn hier in die skaduwee van bloekoms.
Kom boer saam met my op my stukkie landgoed waar die niks en die niet saans die son groet – iewers op die pad tussen Stoompomp en Platvoet.
Die grense is ʼn hand en nie ʼn vuis nie, daar’s blyplek en skuiling, maar nie ʼn huis nie. Dan plant ons iets soos grondboon en sonneblom en dans vir reën in die oggendson.
Kom boer saam met my op my stukkie landgoed waar die niks en die niet saans die son groet – iewers op die pad tussen Stoompomp en Platvoet.
[4] ONDIEN SE WIEGELIED
Nou laat die sand die son se laaste hitte vry, bring jou beker koffie en kom sit hier langs my.
Refrein:
Van anderkant die duine lewer golwe kommentaar, met fosforstemme fluister hulle: “Toemaar, toemaar.”
Hier’s ʼn velkaros, hardekool, dennebolle en ysterhout, want netnou is dit donker en die nagwind hier is koud.
Refrein
Alles is nou ver van hier, net ons, die nag, die see, ʼn vuur en mossels met fyn arikruik en die stroopsoet van ʼn vyeblik.
Refrein
“Kom terug na die oorsprong, kom terug, kom terug ons abba jou saggies, ons dra jou op ons rug.”
[5] VERSKONINGS
Laetitia jy’t gebel toe ek my tas oplig om in te weeg vir die oornagvlug. Jy wou ernstig praat, maar ek was weer te laat en moes my pad inderhaas na Hek 12 toe maak.
Refrein: Jy sien wat regtig gebeur in die hoek van jou oog en die ware verhaal kom eers as woorde opdroog en wie dan vertrou as jy jou eie stories so verkeerd onthou, so verkeerd onthou, so verkeerd onthou
Laetitia, jy’t gebel toe die kliënt begin skel in ʼn vergadering oor die afloop van my grootste kontrak. Tussen skerm en fondament val beton op die grond en moes ek sonder mondering dinamiet ontlont.
Refrein
Laetitia, ek bel terug en ek hoor die sug in jou instruksie om ʼn boodskap te laat. Jy’s seker te besig, maar ek weet jy’s daar, so hier’s my verskoning elektronies bewaar. As jy daarna luister en jy kan dit ontsyfer, sal jy my ook laat weet, want ek het reeds vergeet? Die strekking van leuens het ek afgelees van etikette op bottels voor hierdie spieël.
Refrein
[6] DUNGEONS & DRAGONS
Soggens om vyf op my dikwielfiets om die regering se beeld vir sakgeld te verkoop. Mamelodi was te ver om van te hoor, maar die rook kon ons sien as ons skool toe loop.
Refrein:
Daardie een aand Salome, daardie een aand Salome was ons meer as net vriende gewees. Daardie een aand Salome, daardie een aand Salome was ons meer as net vriende gewees.
Pac Man, Commodore en ZX Spectrum het van ons pioniersprogrammeerders gemaak. Veldskool, kadette en Voorstrekkerkampe om ons teen die Beatles weerbaar te maak.
Refrein
Crinkle paper oor die garage se buislig, “Like an earth quake” en later “Say you, say me” en na cane, passion fruit en lemonade was Trompies en Saartjies nie meer so skaam nie.
Refrein
Nou’s jy getroud met ʼn man van Kalifornië, foto’s van jou kinders op jou facebookprofiel. My drank en my rekenaar sterker as destyds, daar’s pille en alarms vir my laatnag nostalgie.
Refrein
Jy’s weg na die eksamen, glo na die Vrystaat, wou nooit verklap wie die pa was nie. Prosedure in Swaziland, of aanneemouers? Ek wonder soms, maar nou maak dit nie saak nie.
Refrein
[7] SUSTER GELUK
Jou adres is duister, ek kan jou nie roep nie, niks is gewaarborg as ek na jou soek nie. Jy dra ʼn donkerbril, pupille ʼn prisma, ek kyk stip, maar versigtig, as ek na jou staar.
Refrein: Die hegste vriendskap in ʼn loopgraaf gesmee verdamp as oorlog aan vrede oorgee.
Trou kan jy sweer, maar net tentatief, tot die lewe ons skei het jy my lief. Jy het fynskrif vir my koffie, klousules vir my pap, hoe nader die dans hoe meer tone word getrap.
Refrein
As jy klop dink twee keer voor ek oopmaak, ek weet nooit wie ek saam met jou binnelaat. My naam is Geluk, die suster van Toeval, Rampspoed is my stiefma en Noodlot my pa.
Refrein
[8] WILGEDORP SE RASIONALISERINGSBALLADE
In die dertigs, na die depressie, is die stasie hier gebou en het toe vir vyf dekades Wilgedorp se tyd gehou.
Kort daarna, bank en skool, koöperasie en ʼn kerk, silo’s en selfs ʼn haarsalon vir Maurice om in te werk.
Dis die stasiemeestervrou wat die kannabeddings onderhou terwyl portiere vroeg al poets, poleer aan die koperletters bo die deur.
Passasiers kom uit die stad bly by die Masonic Hotel. In die kroeg kan jy sien hulle luister na die stories wat ons vertel.
As die goederetrein na middernag my in die stoepkamer kom wakkermaak kan ek omdraai met die wete ek kan ure langer slaap.
Dis die stasiemeestervrou wat die kannabeddings onderhou terwyl portiere vroeg al poets, poleer aan die koperletters bo die deur.
“Onlewensvatbaar,” sê konsultant en amptenaar. Nou staan spore langs die silo’s braak. Wat gaan die boere maak?
Spekuleer, meganiseer, masjien maak op waar mens makeer, Frankensteinpitte intensiveer, gate onder lorries in die teer.
Met die spoor gekom om hier te bly en toe weer padlangs weggery, want ʼn stasie sonder treine is ʼn plek waar jy net agterbly.
Die wagkamer is stil, net ʼn dwaalgees op die perron, maar as jy fyn luister kan jy nog hoor hoe die laaste trein verbykom.
Met die spoor gekom om hier te bly en toe weer padlangs weggery, want ʼn stasie sonder treine is ʼn plek waar jy net agterbly.
[9] DIE SPOORLOSE VERDWYNING VAN ELVIS DU PREEZ
Kom laat ek vertel van Elvis du Preez al het dit ʼn ruk gelede gebeur. Elvis wat so voetslaan, Elvis wat so stap, met velskoene en kakies en kouse wat krap.
Almal was bang as Elvis inbars by Incognito op ʼn double time mars. Jy soek net nie kak met ʼn bras brush cut, jy sukkel nie sommer met ʼn honderd en agt.
Refrein: Elvis rook Lexington en Boxer-tabak, gestop in ʼn pyp uit ʼn seilknapsak. Elvis drink whisky uit ʼn blik hip flask, deur ʼn bannelingoupa op Ceylon gemaak.
Wat noem jy ʼn budgie met masjiengeweer? Eenvoudige antwoord: Jy roep hom meneer. As Elvis se skouer jou stamp by die bar knik jy eerbiedig vir die vriendelike gebaar.
Met bulderende arms maak Elvis amok, mik na elke paar bene in enige rok en as die tegniek die teiken mis ontluik daar ʼn crooner wat sing en sus.
Refrein
En toe het Elvis spoorloos verdwyn. Hulle sê dit was mans met ʼn bakkie en boeie. Laat daardie aand haar opgelaai en wat toe gebeur het, kan ons net raai.
Elvis, ek verdwaal ook soms in die strate.
Ek kom van Pretoria, maar hierdie is nou Tshwane. Is jy nog iewers in Sunnyside, stukkende blom? Dis dalk nou veiliger om uit te kom.
Refrein
[10] LAST ROUND REGULARS
Dit kan enige stad wees, enige dorp wees Enige land wees, enige straat wees Maar dis die einde van die winter, die strate is nat Modder wat van karre se wiele af spat Dis net na middernag, die laaste bus staan en wag Om die last round regulars huis toe te vat
Mompel, mompel as jy nagtelik strompel Die koudste wintersfront kan jou vannag nie oorrompel Want jy’t whisky as jas, brandy as sambreel Wat bruis deur jou aarde om die rillings te steel Die aarde draai, maar dis nie jou kop nie Die bome dans, maar dis nie die dop nie Jou gang is seker, jou pas is sterk Teen die mis en die reën dra jy jou serp
En soos jy daar gaan, sê my, wat is jou naam? Kan jy my dalk sê wat dra jy met jou saam? Die gewig van te veel in die lig van te min, Die stomheid van verloor, die stompheid van wen? Motherless, vuisvoos, ook nou hopeloos Maar karre ry verby, die maan wat skyn Jy soek na jou sleutel, jy soek na die sleutel Van die slot… van jou premiepondok…
Dit kan enige stad wees, enige dorp wees Enige land wees, enige straat wees Maar dis die einde van die winter, die strate is nat Modder wat van karre se wiele af spat Dis net na middernag, die laaste bus staan al en wag Om die last round regulars huis toe te vat
[11] VERTREK
Wie wil in turfgrond wortelskiet, wie wil nou in boorde rank? Wie wil deur ʼn snoeiskêr getem word as vrugbare plant?
Refrein: My vaste adres was nog altyd Poste Restante gewees en die oomblik as ek weer vertrek sal ek tyd hê om jou briewe te lees
ʼn Landskap word nog altyd die mooiste in ʼn truspieël geraam en die een waarvan jy al vergeet is die mees onthoubare pleknaam.
Refrein
Ek’s waaisand, ek’s rook, ek’s ʼn kiem in die lug, ek’s wiele, ek’s vlerke, ek’s die wind in jou gesig. Motorhawe, lughawe, hawe met ʼn kaai – my gunstelinghawe se naam is Koebaai.
Refrein
ʼn Huis het vertrekke, ʼn gesig kan vertrek van liefde of haat of bedrog. Die enigste vertrek waarvan ek wil weet is die een wat op afskeid volg.
[12] LUKAS IMPOSSIBLE
Lukas van Johannesburg doen heelflips by Boogaloo’s, Urban X en Revolution, nose blunt slides in Hillbrow. Tyd staan stil met ʼn backflip, alles stol met ʼn ollie impossible, ʼn spine transfer se big sky-oomblik hou jou bo die aarde vas.
Wind, water, grond en vuur – alles lyk soms helder hier as alles skielik stilstaan.
Dae doen pop shuv-its, ure kan ook five-o grind, die no-slides van sekondes laat almanakke stilstaan. Kan Shaka dan ʼn heelflip doen, Paul Kruger ʼn Smith grind? Kan Cecil Rhodes ʼn tail-slide doen tot by die Suezkanaal?
Kyk vorentoe, kyk terug, of weg – alles lyk soms minder sleg as alles skielik stilstaan.
Lukas lees soms boeke oor die geskiedenis se geskiedenis, oor mummies en oor piramides, wat waar was voor ons daar was. Kan Ramses dan ʼn kickflip doen, Toetankhamon ʼn feeble grind? Kan Cleopatra ʼn drop-in maak van Kaïro tot die Kaap?
Wind, water, grond en vuur – alles lyk soms helder hier as alles skielik stilstaan. Kyk vorentoe, kyk terug, of weg – alles lyk soms minder sleg as alles skielik stilstaan.
Title: “Riku en Jackie se lang inrypad”, by Andries Bezuidenhout, oil on canvas, 29.5×41.5cm.
The view from Riku and Jackie Lätti’s house in Strand, Western Cape. The title refers to the two Afrikaans musicians’ “long driveway”. The street dead-ends in the entrance to their house, so when driving up to their house it is almost like driving down a very long driveway. Riku has been assisting Andries with the mixing and arrangements of a new album.
Title: “Katberg laatoggendlig”, by Andries Bezuidenhout, oil on canvas, 42x30cm.
The title translated from Afrikaans: Katberg late morning light. The dining hall window of the Waylands manor house in the Katberg Mountains of the Eastern Cape, near a settlement called Post Retief.
Title: “Karoo-dorp: Winteraand”, by Andries Bezuidenhout, oil on canvas, 40.5×40.5cm.
Andries delivered the annual N.P. van Wyk Louw memorial lecture at the University of Johannesburg on 6 September 2018. Along with the lecture, this painting was presented as a gift to the University of Johannesburg. Van Wyk Louw was an Afrikaans-language poet and public intellectual. The title of the lecture was “Utopiese verbeelding en Afrikaans: ʼn Gesprek met T. Dunbar Moodie en N.P. van Wyk Louw” [Utopian Imagination and Afrikaans: A Conversation with T. Dunbar Moodie and N.P. van Wyk Louw]. Dunbar Moodie is one of the most insightful authors on the history of Afrikaner nationalism. The lecture was dedicated to the painter Walter Meyer, who was murdered at the end of 2017. Meyer’s grandfather, Judge Rumpff, who presided over the Treason Trial (1956-1961), is mentioned in the lecture, as well as Rick Turner, a South African philosopher and activist who was assassinated in 1977. The lecture (in Afrikaans) can be downloaded here. The painting depicts the house in Sutherland where Van Wyk Louw grew up.
Title: “Eerste Nahoon nokturne”, by Andries Bezuidenhout, oil on canvas, 42x59cm
The title translates from Afrikaans as “First Nahoon nocturne” – the first of an intended series of nocturnes from this suburb of the South African city East London.
Title: “Salem, Eastern Cape”, by Andries Bezuidenhout, oil on canvas, framed, 40.6×40.6cm
This oil painting was part of an exhibition titled “Vanishing Karoo” (March to April 2019) at the Imibala Gallery in Graaff-Reinet. Andries also opened the exhibition with an address on Karoo landscapes and a musical performance. Salem is one of the oldest settler towns in the Eastern Cape and formed the backdrop to one of South Africa’s most controversial land disputes, which ended up in the Constitutional Court. Two historians, Martin Legassick and Herman Giliomee, supported both sides with expert testimonies on the history of conflicts over land in the area.
These oil paintings were part of a group exhibition titled “Hoek van my heelal / Corner of my universe”, at the Tina Skukan Gallery in Pretoria, which ran from 23 September to 17 October 2018. Participating artists were Diek Grobler, Michèle Nigrini, Andries Bezuidenhout, Helena Groenewald and Retha Buitendach. More on the exhibition here.