About texture and shadows. A series of photographs of walls converted to video format – for moments of silence and contemplation.
Paintings, music, writing
Andries Bezuidenhout – Trooskantates (album)
Afrikaanse musikant, digter, skilder en lid van die Brixton Moord & Roof Orkes se vyfde solo-album. Tien nuwe komposisies vir onstuimige tye. Musiek wat troos sonder om te sus. Die album is op 5 Julie 2024 vrygestel.
Musiek en woorde deur Andries Bezuidenhout, behalwe “Explorer of Nahoon”, melodie deur Andries Bezuidenhout en Lukas van Garderen
Opgeneem en gemeng deur Andries Bezuidenhout
Meester deur Willem Möller by Sharp Street Studio
LIRIEKE EN MUSIEKVIDEO’S
[1] RESTOURANTEUR
Stop, stop, hou stil hier
Ek is kelner en skoonmaker, sjef en sommelier
Elke nuwe gas word behandel soos familie
Die malligheid daar buite kom glad nie deur die mure nie
Eetgerei gerangskik ter wille van die rym
Ter wille van die melodie elke tafeldoek se grein
Wat ek voorsit is vrede, wat ek opdis is rus
Respyt van die ewigheid is al wat op die spyskaart is
Vir die wêreld se probleme het niemand meer raad nie
So fokus op die koffie is die koppie op die tafel
Hier’s kelders met vate vol vrede en wyn
Spense met wense wat verlange laat verdwyn
Pas gemaalde koffie, vars gebakte brood
Uitgedrukte vrugtesap van lemoene uit die boord
Wat ek voorsit is vrede, wat ek opdis is rus
Respyt van die ewigheid is al wat op die spyskaart is
Soms op my eie in die koue kombuis
In die oggendure hoor ek hoe die yskaste druis
Wat ek voorsit is vrede, wat ek opdis is rus
Respyt van die ewigheid is al wat op die spyskaart is
[2] DROOM VAN DIE KAMDEBOO
Kyk in die truspieël kom die son nou op
Koffie uit die Stanley vir ‘n oomblik se stop
By bankies van beton onder ‘n bloekomboom
Onderkant die bergpas is die Kamdeboo
Die spoedmeter is vlot en volkome tweetalig
Dit praat kilo’s per uur, maar is ook in myle vaardig
Jy lees jou spoed nie op ‘n naald nie, maar horisontaal
Soos ons seil verby ‘n rooivalk op ‘n telefoonpaal
Rooi leersitplekke, kattebak met vinne
Mixtape op die deck vir die beat hier binne
Tussen Pearston en Graaff-Reinet my grootste wens, ‘n
Blink swart convertible seventies Benz
Ja, Lucy Jordan kan die Eiffeltoring maar hou
Van Thelma en Louise kan ek net die einde onthou
Na Bagdad Café sal jy vir ewig hier rond soek
En vir Jack Kerouac het ons dekades gelede gegroet
Matchbox full of diamonds, en Riders on the storm
Die Mystic Boer dans doer in ‘n warrelwind rond
Oor die speakers sing Kerkorrel weer oor ‘n sprinkaanplaag
Soos die vlaktes in die skemer in ‘n berghang verdwaal
Rooi leersitplekke, kattebak met vinne
Mixtape op die deck vir die beat hier binne
Tussen Pearston en Graaff-Reinet my grootste wens, ‘n
Blink swart convertible seventies Benz
Ons het nêrens om te wees nie, nêrens om heen te gaan nie
En hoe ons hier gekom het gaan niemand juis aan nie
Telefoonpale, vlieswolke daar bo
Net ons en die vlaktes van die Kamdeboo
Rooi leersitplekke, kattebak met vinne
Mixtape op die deck vir die beat hier binne
Tussen Pearston en Graaff-Reinet my grootste wens, ‘n
Blink swart convertible seventies Benz
Is hierdie die waarheid, of iets wat ek onthou
Of dalk net ‘n wens of ‘n droom vir nou
Maar dis ek agter die stuur en jy langs my
Van Pearston al die pad by Graaff-Reinet verby
[3] ROEP VAN DIE ROOIVLERKSPREEU
As die son net vir ‘n oomblik
Agter berge weg wou bly
Sou ek dalk tog uiteindelik
In drome weg kon gly
Maar die wekker op die boekrak
Hou aan om te marsjeer
Teen ‘n onverbiddelike pas
Word ure aangekeer
As jy iewers land
Maak jy nes of vlieg jy weg
Rooivlerkspreeu, o rooivlerkspreeu
Jy’s ook in die verkeerde eeu
En as jy iewers land
Maak jy nes of vlieg jy weg
Rooivlerkspreeu, o rooivlerkspreeu
Jy’s ook in die verkeerde eeu
Jou vroeg kon hoor in die oggendmis
Nog voor jy op die geut kom sit
Jou roep is ongedurig
Jou fladder wispelturig
My generasie vrees sentiment
Ons harte klop koue sement
Is dit die dat ek so projekteer
Oor wat mens by ‘n spreeu kan leer
As jy iewers land
Maak jy nes of vlieg jy weg
Rooivlerkspreeu, o rooivlerkspreeu
Jy’s ook in die verkeerde eeu
En as jy iewers sou land
Maak jy nes of vlieg jy weg
Rooivlerkspreeu, o rooivlerkspreeu
Jy’s ook in die verkeerde eeu
Ek ken Central Park en Voldelpark
Selfs Zanzibar se ou nagmark
Sou jy daar aard wonder ek
Hoe kies ‘n spreeu sy landingsplek
Hier’s darem minder ligte
En daarom skyn die sterre stip
Herinner my tog hieraan
As jy môre teen my venster pik
En as jy iewers land
Maak jy nes of vlieg jy weg
Rooivlerkspreeu, o rooivlerkspreeu
Jy’s ook in die verkeerde eeu
En as jy iewers sou land
Maak jy nes of vlieg jy weg
Rooivlerkspreeu, o rooivlerkspreeu
Jy’s ook in die verkeerde eeu
[4] PHILIP GLASS OP DIE HOËVELD
Saterdagmiddag, jy bestuur
Die vensters is oop, ek’s die passasier
Die son flankeer met skaduwees so rondom vier
Na ‘n middagete met pizza en bier
Oor die speakers lewer Philip Glass kommentaar
Klawermelodie wat oor en oor herhaal
Ek neem foto’s deur die venster met my selfoonkamera
Die stad is ‘n draaiboek en ek is die skriba
Die lewe boots kuns na
Dis ‘n Hoëveld wintersdag in Afrika
En as jy so ry skuif als
In stadige aksie verby
Straatlamp lyk soms soos ‘n beeldhouwerk
In ‘n hoekkafee kan jy skilderye opmerk
Franchise flits ‘n neonlig naam
Winkelpop wink deur ‘n vensterraam
Die man met die teken wat staan op die hoek
Verduidelik oor hoekom hy nog steeds na werk soek
Verkeersligte neem ‘n smoke break met beurtkrag
Jy wag telkens geduldig jou beurt af
Die lewe boots kuns na
Dis ‘n Hoëveld wintersdag in Afrika
En as jy so ry skuif als
In stadige aksie verby
Oor of jy gebore word het jy geen keuse nie
Of wat gebeur aan die begin van jou lewe nie
Ek dink ons het mekaar darem gekies
So tussen die wankel van wins en verlies
Maar ons hier in die kar is geen kunsfilm nie
Al beweer die klankbaan klavier iets anders nie
Laat die fantasie ons elders heen vat
Ek skrik wakker as die band in ‘n slaggat klap
Die lewe boots kuns na
Dis ‘n Hoëveld wintersdag in Afrika
En as jy so ry skuif als
In stadige aksie verby
[5] EXPLORER OF NAHOON
Seewind in my hare, ‘n uil hoe-hoe
Jou kamerlig brand nog by jou huis in Nahoon
Wat ek moet doen weet net Ballyhoo
Hulle het die nommer van die Man in the Moon
Want ek’s Laika alleen in ‘n wentelbaan
Laika wat huil vir jou en die maan
Ek’s ‘n outydse ontdekker van suburban strate
Die teerpad is soos die oseaan se water
Maar golwe trek hier rond net deur die lug
Ek stuur seine in die nag na jou toe terug
Want ek’s Laika alleen in ‘n wentelbaan
Laika wat huil vir jou en die maan
Soms verlang ek na ‘n land sonder grense
Plekke sonder name, geboue of mense
Sou jy daar wees op ‘n nuwe planeet
Of het jy reeds van my naam vergeet
Want ek’s Laika alleen in ‘n wentelbaan
Laika wat huil vir jou en die maan
Ek is buite in die straat onder die maan
Ek’s ‘n mot en die huisligte trek my aan
Ek is Vasco da Gama ek is Magellaan
Hoe’t ek beland in ‘n wentelbaan
Wat om jou draai om jou kom en jou gaan
Tussen waar jy slaap en waar ek staan
Uit hierdie sirkel kan ek nie tree nie
Uit die om en om swenk kan ek nie breek nie
En wat dit beteken kan ek nie weet nie
Maar oor Yuri Gagarin kan ek nie vergeet nie
Want ek’s Laika alleen in ‘n wentelbaan
Laika wat huil vir jou en die maan
[6] SEINE IN ANALOOG
In die dae toe daar nog telefoondrade was
Met of sonder swawels of hadidas
Of toetspatrone wat TV-skerms arresteer
En zig-zag antennas wat radiogolwe aankeer
Is dit jy wat vanaand die sesuur nuus lees
Is dit jy wat sê wat die weer se bui gaan wees
Al slaan ek hoe hard op die kassie se buis
Is daar net sneeu, snee, sneeu, sneeu wat suis
Roep ek jou met Morsekode
Roep ek jou met ‘n rooksein
Voor ek vergeet, voor ek vergeet
Voor ek vergeet en jou stem verdwyn
Op ‘n tweerigtingradio soek ek jou kanaal
Maar my seine het iewers in die nag verdwaal
Ek roep jou eenmaal, ek roep jou tweemaal
Ek roep na jou in my brabbeltaal
Ek lig die gehoorbuis, maar hoor net kringfluit
Ek bel jou nommer steeds uit my kop uit
Katode klink iewers in ‘n foonsentrale
Stol in die lugleegte tussen twee pale
Roep ek jou met Morsekode
Roep ek jou met ‘n rooksein
Voor ek vergeet, voor ek vergeet
Voor ek vergeet en jou stem verdwyn
Soms hoor ek jou klingel
In ‘n lang tiekie se draaie
Soms hoor ek jou fluister
In ‘n telefoongids se blaaie
Soms sis jy deur
Hierdie telefoonhokkie deur
Soms voel ek jou deur
Hierdie lugleegte beur
Roep ek jou met Morsekode
Roep ek jou met ‘n rooksein
Voor ek vergeet, voor ek vergeet
Voor ek vergeet en jou stem verdwyn
[7] VALSBAAI SE WAARHEID
Lank, lank gelede is kalk hier
Uit skulpe gebrand en gemaal
En is snoek en harders met sloepe
Al die pad kaai toe gehaal
Nou daar nie net ‘n hawe nie
Maar ook ‘n stasieperron
Waar ‘n trein vol skaduwees
Elke oggend Victoriaans verbykom
Die enigste waarheid
Dryf op die deinings van Valsbaai
Die enigste klaarheid
Is in die misbank se waai
By Café Olympia
Koel my koppie swart koffie solank af
Terwyl lycra met honde aan leibande
Op die promenade verby draf
In tie-dye en batik
Kom tree daai hippie hier af
En ‘n ingenieur uit die Kongo
Versamel munte as ‘n karwag
Die enigste waarheid
Dryf op die deinings van Valsbaai
Die enigste klaarheid
Is in die misbank se waai
Ons almal wat hier saam
Oor die einde van die wêreld rou
Tussen die oomblikke wat ons vergeet
En die oomblikke wat ons onthou
Elkeen van êrens elders nou hier
Maar gaan elders heen
Hierdie plek buite geskiedenis
Tussen baai en sandsteen
Die enigste waarheid
Dryf op die deinings van Valsbaai
Die enigste klaarheid
Is in die misbank se waai
Dit als verneem ek
By die visserman op die hawe
Ek is weer in Kalkbaai vir ‘n week
Om dooie drome te begrawe
[8] SKADUWEE
My skaduwee volg my
Soos ‘n geykte kwaal
Al jaag ek soos die duiwel
Kom my skaduwee my haal
Bene en arms
Van wisselende lengtes
Afhangend van hoe son en maan
Om mekaar bly wentel
Skaduwee is iets wat jy
Mettertyd gewaar
Op teer of grasperk, teen ‘n muur
En eensklaps is dit daar
Eintlik sou ek graag met iemand
Skaduwees wou ruil
En voel hoe voel dit om ‘n slag
Van ‘n ander een te skuil
Ek en jy skaduwee
Jy en ek is een, maar twee
En waarheen ek ook vlieg of vlug
Keer ek weer na jou toe terug
Ek het ‘n slag al probeer
Om my skaduwee uit te vee
Om van die ding af weg te hardloop
Of van daarvan weg te sweef
Maar ek weet dis altyd aan my vas
Selfs ook as ek sou droom
In die donker skuil dit daar
Begrens my soos ‘n soom
Die ding is aan my voete vas
En hou my op my tone
Desperate dans roetine
Met angstige patrone
Ek laat die kwessie aan die tyd oor
Miskien ook aan geluk
Ek wag maar vir die dag wanneer
My skaduwee my insluk
Ek en jy skaduwee
Jy en ek is een, maar twee
En waarheen ek ook vlieg of vlug
Keer ek weer na jou toe terug
Refleksie is ‘n skaduwee
In ‘n venster of ‘n spieël
Afruk wat die kyker koggel
En met jou sinne speel
Want binne in die spieëlbeeld
Is die loopvlak verdeel
Met ‘n ek en met ‘n skaduwee
Wat die kalklig kom steel
Ek en jy skaduwee
Jy en ek is een, maar twee
En waarheen ek ook vlieg of vlug
Keer ek weer na jou toe terug
[9] WENTELBAAN
Soos altyd vanaand weer sy tafel opgesoek
Die een met die uitsig, die een in die hoek
Na die spyskaart hoef hy al lank nie meer te kyk nie
Van sy gewone keuse sal hy nooit afwyk nie
Gitswart son, silwer maan
Sterre op skrefies en ons verstaan
Dat als nog altyd om elkander draai
Dat ‘n wentelbaan als weer van vooraf laat herhaal
Bolognese en bier om mee te begin
Bottel Bordeaux om oor die dag te besin
Hierdie dans met glas en porselein
Het hy oor die jare reeds kleingekry
Gitswart son, silwer maan
Sterre op skrefies en ons verstaan
Dat als nog altyd om elkander draai
Dat ‘n wentelbaan als weer van vooraf laat herhaal
Die dag is duister, maar snags sien hy skerp
As die straatlampe lig op die onderwerp werp
Patrone word duidelik in ‘n maanskaduwee
Voorwerpe kry vorm as die donker vibreer
Gitswart son, silwer maan
Sterre op skrefies en ons verstaan
Dat als nog altyd om elkander draai
Dat ‘n wentelbaan als weer van vooraf laat herhaal
[10] RESTOURANTEUR SLUIT TOE
Instrumental
© Andries Bezuidenhout
Andries Bezuidenhout – No place for time here (album)
Afrikaans musician, poet and painter Andries Bezuidenhout’s first English-language album. Translated tracks from his six solo albums, some with new arrangements. Quintessentially a South African album, with a bit of Afrikaans and IsiXhosa in the mix. Released on 5 July 2024.
Music and lyrics by Andries Bezuidenhout, except for:
“Explorer of Nahoon”, melody by Andries Bezuidenhout and Lukas van Garderen
“Umasizakhe”, words in the chorus from a Pan Africanist Congress struggle song
Recorded and mixed by Andries Bezuidenhout
Mastered by Willem Möller at Sharp Street Studio
LYRICS AND MUSIC VIDEOS
[1] BEWARE OF THE DREAM
Something’s out of kilter, something isn’t right
The alarm clock’s dual dials have both taken flight
The shoes in the closet stomp an unpaired march
The whisky bottle’s label flies half mast
But beware of the dream, beware, beware
Of counting on sleeping through this nightmare
Beware of the dream, beware of the dream
The wages of dreaming are dreams
Oh look, a squint eyed television
And a radio with dials of indecision
The hoover electrical chord is on the loose
The boiler and the fridge declare a truce
But beware of the dream, beware, beware
Of counting on sleeping through this nightmare
Beware of the dream, beware of the dream
The wages of dreaming are dreams
From today, I say, I live on purpose
But I know, I have the wrong end of the business
Because every foundation harbours a ruin
And each straight façade ends in confusion
But beware of the dream, beware, beware
Of counting on sleeping through this nightmare
Beware of the dream, beware of the dream
The wages of dreaming are dreams
[2] ODE TO THE CIVIL SERVICE
Summer in Pretoria, the sun shines bright
Iscor sparks a furnace in the skies
Summer in Pretoria, the sun shines too bright
On the lenses that cover my eyes
Staring at the world through a pair shades
All I can do to protect
To censor and deflect reality
These images too bright for me
These images too bright for me
These images too bright for me
Civil service buildings like filing cabinets
Waiting for decrees, decisions, and verdicts
I’m in my Beatle, waiting for the light
That orders me back to my daily plight
Observing these fumes through a pair of shades
All I can do in this traffic
To censor and deflect reality
These headlights too bright for me
These headlights too bright for me
These headlights too bright for me
I see books and chairs and pens and my boss
Scowling and waiting for a moment to pounce
Waiting for tea time and for tjaila time
All I can do but meanwhile
I look at the world through a camera lense
With a focus on the present tense
I focus in shades of black and white
Because reality is way too bright
Reality is way too bright
Reality is way too bright
Staring at the world through a pair shades
All I can do to protect
To censor and deflect reality
These images too bright for me
These images too bright for me
These images too bright for me
[3] CALL OF THE RED-WINGED STARLING
If the sun could momentarily
Keep the morning light at bay
Then dreams might eventually
Spirit me away
But alarm clocks are not interested
In the content of dreams
An seconds keep on marching
To a military beat
If you land somewhere
Do you nest or do you flee
How did we end up, oh red-winged starling
In this troubled century
And if you land somewhere
Do you nest or do you flee
How did we end up, oh red-winged starling
In this troubled century
Heard you early in the morning mist
Before you settled on the roof
At first your call is tentative
And then becomes incessant.
My generation fears sentiment
Our hearts beat cold cement
Is this the reason for my projection
About a starlings wisdom and protection
If you land somewhere
Do you nest or do you flee
How did we end up, oh red-winged starling
In this troubled century
And if you land somewhere
Do you nest or do you flee
How did we end up, oh red-winged starling
In this troubled century
I know Central Park and Voldelpark
And Zanzibar’s old night market
I wonder if you’d flourish there
How do starlings choose their lairs?
Fewer lights where I am now
So the stars are brighter and somehow
Please remind me of this tomorrow
When your beak starts pecking at my window
If you land somewhere
Do you nest or do you flee
How did we end up, oh red-winged starling
In this troubled century
And if you land somewhere
Do you nest or do you flee
How did we end up, oh red-winged starling
In this troubled century
[4] EXPLORER OF NAHOON
Ocean wind in my hair, an owl hoo-hoos
Your bedroom light still on at your house in Nahoon
What I should do knows only Ballyhoo
They’ve got the number of the Man in the Moon
I’m Laika alone, in an orbit’s glue
Laika howling at you and the moon
I’m a discoverer of old of the streets of suburbia
Asphalt a bit like uncharted ocean
But around here waves move only through the air
I’ll send you a signal from here to there
I’m Laika alone, in an orbit’s glue
Laika howling at you and the moon
Sometimes I yearn for a land without borders
Nameless places, empty corners
Will you be there, on this empty plain
Or have you already disposed of my name
I’m Laika alone, in an orbit’s glue
Laika howling at you and the moon
Outside in the street, under the moon
I’m a moth and I sense the light bulb’s pull
I’m Vasco da Gama, I’m Magellan
In a revolution’s hold I cannot withstand
You are the pivot and I am the fan
Amid where you sleep and where I stand
From this eternal circle I cannot escape
Out of this carousel I cannot break
What this track means I still don’t get
But about Yuri Gagarin I cannot forget
I’m Laika alone, in an orbit’s glue
Laika howling at the moon and you
[5] HIGHVELD UTOPIAS
The sun’s bleak face sniggers up high
Through the icy filters of the Highveld sky
The sphere folded into a chilly blue
With crystal membranes on the morning dew
Block and cement endure cold saturation
That gives every house here a frozen foundation
Caravan on bricks, the bare, bare branches
Of an iceberg garden’s forfeited chances
How long does it last, what would you say
Or did this dry season come to stay?
Cool at dusk, chilly at night
as Nigel and Balfour wait on the light
For marrow and vein and pipe to thaw
And the shivering in bodies to briefly withdraw
The reefs were traded for power plant blasts
But those scorching fires could never last
Headgear topple, mineshafts collapse
Under Main Reef Road the tunnels are traps
How long does it last, what would you say
Or did this dry season come to stay?
How long does it last, what would you say
Or did this dry season come to stay?
Perhaps clarity in crass, resolve in cold
When simple answers can no longer hold
The bleak resignation of the winter skies
Wraps your shoulders like expedient lies
How long does it last, what would you say
Or did this dry season come to stay?
How long does it last, what would you say
Or did this dry season come to stay?
[6] CAMDEBOO DREAMING
In the rearview mirror a sunrise on full blast
Paper cups with coffee from the Stanley flask
Concrete chairs and a table under an age old bluegum
Down the mountain pass lies the Camdeboo
The speedometer is fluent and fully bilingual
It speaks kilos per hour, but can also tell miles
Its dial does not rotate, but swings from side to side
As we sail past a kestrel on a telephone line
Trunk with tailfins, red leather seats
Mixtape on the deck with a steady beat
Between Pearston and Graaff-Reinet my greatest wish
A shining convertible seventies Benz
Leave Lucy Jordan in Paris to make her own amends
Of Thelma and Louise I can just recall how it ends
And Bagdad Café you won’t find around here
Jack Kerouac got lost, for decades now, I fear
Matchbox full of diamonds, and Riders on the storm
In the valley at distance a whirlwind being born
Valiant Swart and Kerkorrel sing about locusts and rain
As shadows lose their way between mountainsides and the plains
Trunk with tailfins, red leather seats
Mixtape on the deck with a steady beat
Between Pearston and Graaff-Reinet my greatest wish
A shining convertible seventies Benz
Nowhere to be, nowhere to go
And how we got here concerns no one
Cirrus clouds above and an open road
Just us and plains of the Camdeboo
Trunk with tailfins, red leather seats
Mixtape on the deck with a steady beat
Between Pearston and Graaff-Reinet my greatest wish
A shining convertible seventies Benz
Is this something I remember, is it even real
Or maybe a yearning or a beautiful dream
But I’m at the wheel and you’re next to me, I bet
From Pearston all the way past Graaff-Reinet
[7] SONG FOR BERLIN
From the Fernsehturm, Berlin from up high
You get to know a new city best from the sky
City of gates, city of walls
Checkpoint Charlie, Brandenburger Tor
In the Waldbuhne theatre Leonard Cohen takes a bow
And shortly thereafter turns his back on the crowd
Down Unter den Linden a breeze of perfume
At the Hauptbahnhof the sounds of Lili Marleen
City rebuilt, city of ruins
Fallen walls reappear in dreams
Never-ending circle of the S-Bahn tracks
My balance faltered at Alexanderplatz
Polished concrete in the winter sun
Rows of light a blinding abandon
Words disappear down Kastanienallee
As the past recalls the future from somewhere or nowhere
Rosa Luxemburg’s ghost at Kreuzberg’s canal
On a statue shoulder Wim Wenders’ angel so small
The Palast der Republik’s shattered glass
Nightmares and hope in a cabaret dance
City rebuilt, city of ruins
Broken walls reappear in dreams
Never-ending circle of the S-Bahn tracks
My balance faltered at Alexanderplatz
In Prenzlauer Berg I met you for a Steh Kaffee brew
My coat’s lining too light for the colour of your mood
City of belonging, city of hate
Checkpoint Charlie and Ishtar’s gate
City rebuilt, city of ruins
Fractured walls reappear in dreams
Never-ending circle of the S-Bahn tracks
My balance faltered at Alexanderplatz
[8] RESTAURANTEUR
Stop, stop, pull off right here
I’m waiter, cleaner, chef and sommelier
Guests here are treated more like friends
These walls protect you from the madness out there
Cutlery arranged to fit with the rhyme
In support of the melody the table tops shine
Our menu offers peace and rest
Those two dishes are what we do best
Our unique recipe for a break from eternity
No one has the answer to all the world’s troubles
So focus on the coffee in the cup on your table
We have cellars with casks filled with harmony and wine
Pantries that turn longing and yearning to sunshine
Piping hot bread, newly ground coffee
Orange juice from our orchard, freshly squeezed
Our menu offers peace and rest
Those two dishes are what we do best
Our unique recipe for a break from eternity
In the cold, cold kitchen, at night on my own
In the morning hours I hear the refrigerators drone
Our menu offers peace and rest
Those two dishes are what we do best
Our unique recipe for a break from eternity
[9] LUKAS IMPOSSIBLE
Lukas from Johannesburg
Does heelflips at Boogaloo’s
Urban X and Revolution
Nose blunt slides in Hillbrow
Frames freeze with a backflip
Time stands still with an ollie impossible
As spine transfer’s big sky moment
Suspending you up high
Wind, water, earth and fire
Things here don’t seem so dire
When time suddenly pauses
Days do pop shuv-its
Hours can also five-o grind
The no-slides of the seconds
Bring calendars to a stand still
Can Shaka do a heelflip
Can Paul Kruger do a Smith grind?
Can Cecil Rhodes do a tail-slide
All the way to the Suez canal?
Look forward, look back, or look away
Things don’t look so bad today
When time suddenly pauses
Lukas likes to read
About history’s history
About mummies and pyramids
About what’d been before we were there
Can Ramses do a kickflip
Tutankhamun a feeble grind?
Can Cleopatra make a drop-in
From Cairo to the Cape?
Wind, water, earth and fire
Things here don’t seem so dire
When time suddenly pauses
Look forward, look back, or look away
Things don’t look so bad today
When time suddenly pauses
[10] WITCH FROM THE KAROO
Personally I don’t think Lavinia is a witch
Even though all the others around here do
She often plays the lead in scary stories
In this small town in the Karoo
She has seven cats and pitch black boots
Telescope on the balcony and a raven on the roof
What does Lavinia read in the stars
What does she say to moon
Does she see patterns in clouds up high
That seem to pass all of us by?
Around here we cook everything until its grey
But Lavinia’s kitchen with spices makes cooking look like play
With bottles of quince and peaches and figs
And paper bags with pepper and rosemary twigs
What does Lavinia read in the stars
What does she say to moon
Does she see patterns in clouds up high
That seem to pass all of us by?
She invited me in, one winter afternoon
Stirred a pot of tea with a wooden spoon
Talked about Cape Town, long ago
Her life there and how she’d come to know
Writers and actors and dancers and painters
And a very close friend, she was so special
But before she could even finish her story
I heard my father knock on the door
What are you doing, in this Karoo Town
Lavinia, where nothing ever happens
Do you see patterns in the clouds up high
That seem to pass all of us by?
[11] UMASIZAKHE
Your brakdak house on a Karoo mountain side
Shutters on the windows for blinding light
Child who loves to read, child who loves debate
Once you start speaking things will have to change
Thina sizwe se Afrika
Sikalel’ umhlaba wethu
Thina sizwe se Afrika
Sikalel’ umhlaba wethu
Guest of the state in a house on the island
Laws passed each year to keep your words silent
Words too dangerous for people to read
Words too powerful to be passed on freely
Thina sizwe se Afrika
Sikalel’ umhlaba wethu
Thina sizwe se Afrika
Sikalel’ umhlaba wethu
With Ma Zondeni you rest outside of town
To comment I can’t find words of my own
Thina sizwe se Afrika
Sikalel’ umhlaba wethu
Thina sizwe se Afrika
Sikalel’ umhlaba wethu
[12] MY PROMISE
For you I can’t promise the world
But perhaps a few simple words
I can also not promise the moon
But perhaps a modest tune
I’ve very little influence, and even less talent
But I have coffee pot, a campsite, and a tent
I promise you restful days
I promise you a place to hide away
I can’t promise heavens and earth
But I know the way to a desert well
I can’t even promise you the sea
But there are so many stories I can tell
I promise you a winter blanket
I promise you a lamp and a candle
I promise you restful days
I promise you a place to hide away
I have few possessions
But plenty of books
An abundance of music
For whichever mood
I know a few recipes
For pancakes and bread
More than this I can’t offer
I confess from the onset
I promise you a winter blanket
I promise you a lamp and a candle
I promise you restful days
I promise you a place to hide away
© Andries Bezuidenhout
Explorer of Nahoon – music video
A song about the suburbs, in this case the suburbs of East London in South Africa’s Eastern Cape Province. From the albums No place for time here and Trooskantates (both released on 5 July 2024). The song contains a reference to “Man in the moon”, a 1980s South African hit song by the East London band Ballyhoo.
Lyric by Andries Bezuidenhout, music by Lukas van Garderen and Andries Bezuidenhout
Recorded and mixed by Andries Bezuidenhout
Mastered by Willem Möller
Highveld Utopias – music video
A track from the album No place for time here (released on 5 July 2024). A song about Johannesburg, South Africa, with historical and more contemporary footage of the city. The historian Jonathan Hyslop considered using this title for his book on the history of a Johannesburg trade unionist, eventually published under the title “The Notorious Syndicalist”. But “Highveld Utopias” is too good a title to let go. I initially used it with his permission for the Afrikaans version of the song that was released in the 2000s on the album “Bleek berus”.
Lyrics and music by Andries Bezuidenhout
Recorded and mixed by Andries Bezuidenhout
Mastered by Willem Möller
HIGHVELD UTOPIAS
The sun’s bleak face sniggers up high
Through the icy filters of the Highveld sky
The sphere folded into a chilly blue
With crystal membranes on the morning dew
Block and cement endure cold saturation
That gives every house here a frozen foundation
Caravan on bricks, the bare, bare branches
Of an iceberg garden’s forfeited chances
How long does it last, what would you say
Or did this dry season come to stay?
Cool at dusk, chilly at night
as Nigel and Balfour wait on the light
For marrow and vein and pipe to thaw
And the shivering in bodies to briefly withdraw
The reefs were traded for power plant blasts
But those scorching fires could never last
Headgear topple, mineshafts collapse
Under Main Reef Road the tunnels are traps
How long does it last, what would you say
Or did this dry season come to stay?
How long does it last, what would you say
Or did this dry season come to stay?
Perhaps clarity in crass, resolve in cold
When simple answers can no longer hold
The bleak resignation of the winter skies
Wraps your shoulders like expedient lies
How long does it last, what would you say
Or did this dry season come to stay?
How long does it last, what would you say
Or did this dry season come to stay?
© Andries Bezuidenhout
Roep van die Rooivlerkspreeu/Call of the Red-Winged Starling – nuwe musiekvideo
A new song from forthcoming albums, one Afrikaans, one English. The Afrikaans version is from an album titled Trooskantates and the English version from an album called No place for time here. Both will be released on 5 July 2024.
“Gevang deur tyd en plek” – drie nuwe musiekvideo’s
Drie nuwe musiekvideo’s van die album Dink aan planete. Elkeen op een of ander manier te doen met hoe ons tyd ervaar – hoe vinnig of hoe stadig dinge verander.
Lied vir Berlyn/ Song for Berlin – music video
Van die album Dink aan planete (2022), beelde wat met ‘n besoek aan Berlyn in 2023 geneem is en met kunsmatige intelligensie ‘n bietjie meer dromerig gemaak is. ‘n Lied oor ‘n stad met ‘n traumatiese geskiedenis – die afbreek van ou geboue en monumente en die oprig van nuwes. Die meeste van die videomateriaal is van die Humboldt Forum se dak geneem, met ‘n pragtige uitsig oor die stad.
English translation of “Lied vir Berlyn”. An outsider’s view of a complicated and beautiful city, where old buildings and walls are demolished and new ones are erected.
Strate sonder bome – Brixton Moord en Roof Orkes (English)
Strate sonder bome [translated from Afrikaans: Streets without trees] is the Afrikaans-language rock band Brixton Moord & Roof Orkes’ [Tr: Brixton Murder and Robbery Band’s] fifth album. It will be released on 16 December 2023 on all the major streaming platforms (Spotify, Apple Music, Deezer, YouTube, Tidal, etc.) and can be downloaded at Amazon. The band describes it as an album that moves forward by looking back. As they sing on the album’s last track:
Alice of Asfodel, Pringlebaai of Montreal
Wat bepaal of jy vlieg of val
Of van watter kant van Brixton se rand
Jy nou dophou hoe die vure brand?
[Alice or Asphodel, Pringle Bay or Montreal
What decides if you fly or fall
Or from which side of Brixton’s ridge
You observe how the fires burn]
The eleven new tracks – nearly an hour’s music – were penned and composed by Kapelaan Pat Plank (also known as Gerhard Barnard), Moord Greeff (Ockert), and Roof Bezuidenhout (Andries). These three remaining members of the band once lived within two street blocks from each other in Brixton, the Johannesburg suburb. They met each other here, started performing as a band in the local bar, and their band room was located at Gerhard’s house on the corner of Ripley and Barnes Streets.
Currently all three of them live elsewhere. Andries lives in Alice in the Eastern Cape, Gerhard in Pringle Bay in the Western Cape, and Ockert in Montreal, Canada. Asphodel in the lyric quoted above refers to the afterlife in ancient Greek mythology, with reference to Brixton Barnard (Drikus, Gerhard’s younger brother), who died from brain cancer in 2015, and Louis Graham, the band’s drummer who died from Covid-19 in 2021.
The band’s reference to looking back is all about the past – about the olden days in Brixton, the days when people still drove up a mine dump to watch movies at the Top Star drive-in theatre, when you still paid R20 for a traffic fine on the South African edition of the Monopoly board game. Ockert’s lyric “Tape deck begrafnisbrief” [tr: Tape deck funeral homily) is inspired by a custom he observed during a visit to Nicaragua, where people play mixtapes at a high volume on old style boomboxes as part of a funeral procession. Ockert re-imagines this scene replicated on Brixton’s streets. The album’s opening track returns to Brixton in the 1990s and quotes from the band’s older lyrics from this time. The title track, “Strate sonder bome”, also written by Ockert, remembers Brixton as a place with naked pavements. Despite this, Ockert remembers Brixton as a spiritual home of sorts, both the somewhat dilapidated neighbourhood and the band itself. Ockert continues: “Although I was, back then – now almost two decades ago – completely unaware of the home offered by both the band and the neighbourhood, I realise now that it was most probably a unique, once-off space. It was a strange mix of outsiders, intellectuals, office workers and labourers, who all welcomed everything uncanny and different. In ‘Strate sonder bome’ a traveller arrives at a house like a stray dog. A female figure says: ‘Lets feed him’. For me this is the best possible conclusion to a journey.”
In terms of musical style, the band’s trio also revisit the past with boisterous moments of old school rock ‘n roll.
What then does the reference to moving ahead entail? Roof Explains: “In order to move on, I guess, you first have to arrive somewhere. In some way recoding this album has helped us to move on after losing Drikus and Louis. This is the band’s first album where Drikus doesn’t play a role as musician and songwriter. With our previous album, ‘Bazaar punk’, we worked with tracks that Drikus had left behind. We were able to hear his voice for a last time, but at the time we also thought of it as the band’s final album. However, those eight tracks spurred Gerhard, Ockert, and me to keep on communicating – mostly by e-mail from over great distances. The fact that we continued to exchange tracks after the release of ‘Bazaar punk’ surprised us, maybe even caught us off-guard. Maybe this is the reason why we are preoccupied with moving on. We refer to Brixton (the place) as our Ithaka – this island in ancient Greek mythology where the journey ends. When you arrive at Ithaka one day, very much like in Constantin Cavafy’s poem, the journey there made you look at the places you visited along the way with new eyes. This is why we constantly return to Brixton – even though we don’t know whether it is a final destination, or a half-way stop. I hope this makes sense.”
Gerhard adds: “I don’t doubt that Brixton is my Ithaka. When the songs on this album started to take shape I wondered whether we weren’t being overly nostalgic. However, for this first time I appreciated the extent to which the place and the music making that had come with it would have on my topsy-turvy road ahead. Even though Brixton is in the rear view mirror, for me it remains larger than life. It was a great pleasure to work on the album and I look back with appreciation, but also forward in anticipation.” To cite Edmund Keely’s English translation of Cavafy’s poem (here Ithaka can be replaced with with Brixton):
Ithaka gave you the marvelous journey.
Without her you wouldn’t have set out.
She has nothing left to give you now.
And if you find her poor, Ithaka won’t have fooled you.
Wise as you will have become, so full of experience,
you’ll have understood by then what these Ithakas mean.
The idea of moving on is also captured in “Fransman se jas” [tr: Frenchman’s coat], which is about a jail bird who is released from custody and who tries to escape his gang member past by driving away from it all at high speed. He knows this is futile, but for one night he races like a flying kite. Similarly, in the song “Vrou op die trein in die skildery” [tr: “Woman on the train in the painting”] a woman, who has just lived through a traumatic divorce, finds herself on a train – she feels lonely, but in some way also free. Very much like one could imagine the woman on the train in the American artist Edward Hopper’s painting “Compartment C, Car 293” (from 1938). “Ek ken jou tipe” [tr: “I know your type”] deals with the present and looks ahead, with social commentary on new pyres and inquisitions in a world where fact and fiction are entangled, and new scapegoats are fingered to stand in for a prevailing sense of insecurity.
Production
Gerhard, Ockert, and Andries started recoding the album in mid-2022. Each of them has a home sound studio, in part because of the Covid lockdown. Ockert has a studio in his home cellar, but also has access to a band rehearsal space that is set up to record a drumkit – in Canada he plays in a band called Deathdrive. Andries mixed the tracks, with the final mix done during a monthlong stay in Copenhagen in September 2023. Willem Möller mastered the album at Sharpe Street Studios in Glencairn, Cape Town, and made suggestions to improve the final mixes.
Apart from the absence of Brixton Barnard’s voice, the sound is reminiscent of previous Brixton Moord & Roof Orkes albus – an eclectic combination of musical styles. The listener will notice rock, folk, reggae, country, and kwêla. The predominant sound is a combination of rock and dark ballads, interspersed with ample humoristic moments. Vocals are by Andries and Gerhard, acoustic guitar and keyboards by Andries, electric and bass guitar by Gerhard, and drums and percussion by Ockert.
About the album’s production Andries says: “We tried to get an old school analogue sound, even though everything was recorded and mixed digitally. I used programmes that simulate classical analogue equalisers and compressors – Fairchild and Pultec. I hope folks who listen to the album notice the grit.” Ockert adds: “I’m really happy with the album’s sound. There is something familiar about the music, but at the same time it is challenging. If you’re tired of the middle of the road popular music dished up everywhere and you appreciate musicians who are willing to take risks, this is the album for you.”
Strate sonder bome – Brixton Moord en Roof Orkes
[English text here]
Strate sonder bome is die Brixton Moord & Roof Orkes se vyfde album. Dit is in Desember 2023 op al die streaming platforms vrygestel (Spotify, Apple Music, Deezer, YouTube, Tidal, ens.) en kan by Amazon afgelaai word. Die band beskryf dit as ‘n album wat vorentoe beweeg deur terug te kyk. Soos hulle in die laaste track op die album sing:
Alice of Asfodel, Pringlebaai of Montreal
Wat bepaal of jy vlieg of val
Of van watter kant van Brixton se rand
Jy nou dophou hoe die vure brand?
Die elf nuwe tracks – amper ‘n uur se musiek – is deur Kapelaan Pat Plank (ook bekend as Gerhard Barnard), Moord Greeff (Ockert) en Roof Bezuidenhout (Andries) geskryf. Hierdie drie oorblywende lede van die band het eens binne ‘n omtrek van twee blokke van mekaar af in Brixton, die voorstad van Johannesburg, gewoon. Hulle het mekaar daar ontmoet, as band in die plaaslike kroeg begin optree, en hul band room was in Gerhard se huis op die hoek van Ripley- en Barnesstraat.
Al drie van hulle woon egter nou elders. Andries woon in Alice in die Oos-Kaap, Gerhard in Pringlebaai in die Wes-Kaap, en Ockert in Montreal in Kanada. “Asfodel” in die liriek verwys na die doderyk in die antieke Griekse mitologie, met verwysing na Brixton Barnard (Drikus, Gerhard se jonger broer), wat in 2015 aan breinkanker dood is, en Louis Graham (die band se drummer), wat in 2021 aan Covid-19 dood is.
So die terugkyk handel oor die verlede – oor die outyd in Brixton, oor die dae toe mense nog op Top Star se mynhoop na die inryteater toe gegaan het, toe ‘n mens nog ‘n verkeersboete van R20 betaal het in ‘n Monopoly-bordspel. Ockert se liriek “Tape deck begrafnisbrief” is geïnspireer deur ‘n begrafnisgebruik wat hy tydens ‘n besoek aan Nicaragua waargeneem het – mense wat mixtapes maak en dit kliphard op outydse boombokse in ‘n begrafnisstoet speel. Ockert verbeel hom hoe hierdie toneel in Brixton se strate sou afspeel. Die album se opening track keer na Brixton in die 1990s terug en haal uit ou Brixton Moord & Roof Orkes lirieke aan. Die title track “Strate sonder bome”, ook deur Ockert geskryf, onthou Brixton ook as die plek met kaal sypaadjies. Hieroor sê Ockert dat Brixton ‘n spirituele tuiste vir hom was. Beide die ietwat gehawende woonbuurt, en Brixton die band. “Alhoewel ek destyds – dis nou amper twee dekades gelede – totaal onbewus was van die tuiste wat die band en die woonbuurt gebied het, besef ek nou dat dit waarskynlik vir my ‘n enigmalige ruimte was. Dit was ‘n vreemde mengsel van buitestaanders, intellektuele, kantoorwerkers en arbeiders, wat die ongewone en die anderse verwelkom het. In ‘Strate sonder bome’ kom ‘n reisiger by ‘n huis aan soos ‘n rondloperhond. Daar is ‘n vrouefiguur wat sê: ‘Kom ons gee hom kos.’ Vir my is dit die allerbeste manier waarop ‘n reis kan eindig.”
Wat die album se musikale styl betref, kyk die drieluik van die band ook terug – daar’s lekker oomblikke van old school rock ‘n roll.
Waaroor gaan die vorentoe beweeg dan? Roof verduidelik: “Om aan te beweeg, moet ‘n mens seker iewers aankom. Op ‘n manier het die opneem van die album ons gehelp om aan te beweeg na die verlies van Drikus en Louis. Hierdie is die band se eerste album waarin Drikus nie ‘n rol as musikant of songwriter speel nie. Met ons vorige album ‘Bazaar punk’ het ons gewerk met tracks wat Drikus vir ons nagelaat het. Dit het sy stem vir ‘n laaste keer helder laat opklink, maar ons het gedink dis ook die band se laaste album. Daai agt tracks het egter gemaak dat ek en Gerhard en Ockert met mekaar aanhou kommunikeer het – meestal per e-pos, oor ver afstande heen. Ons was al drie op ‘n manier verras, miskien selfs onkant betrap, toe ons aangehou het om tracks heen en weer te stuur nadat ‘Bazaar punk’ reeds vrygestel is. Dis dalk dié dat ons so dink aan aanbeweeg. Ons verwys na Brixton (die plek) as ons Ithaka – die eiland in die antieke Griekse mitologie waar die reis eindig. As ‘n mens eendag by Ithaka aankom, soos in Konstantin Kavafi (Cavafy in Engels) se gedig Ithaka, het die reis daarheen gemaak dat jy met nuwe oë kyk na die plekke wat jou padlangs gevorm het. Dis dié dat ons so na Brixton toe terugkeer – al weet ons nie of dit ‘n eindbestemming of ‘n halfwegstasie is nie. Ek hoop dit maak sin.”
Gerhard voeg by: “Brixton is sonder twyfel my Ithaka. Toe die songs op hierdie plaat begin vorm aanneem het ek gewonder of ons nie dalk bietjie oor-nostalgies is nie. Ek het egter vir die eerste maal rêrig besef hoe groot impak die plek, en die musiekmaak wat saam met dit gekom het sou hê op my holderstebolder lewenspad vorentoe. Brixton lê in die tru-spieël maar bly lewensgroot vir my. Die album was uiters lekker om aan te werk en ek kyk met groot waardering terug na die begin en met opwagting vorentoe.” Om Kavafi verkeerd aan te haal en te vertaal:
Aan jou het Brixton dié wonderlike reis gegee.
Sonder haar sou jy nooit vertrek het nie.
Nou het sy niks meer oor om aan jou te gee nie.
En as jy haar in armoede aantref, sou Brixton jou nie bedrieg het nie.
Jy sal dan vol wysheid wees, met soveel ondervinding,
dan sal jy verstaan wat hierdie Brixtons beteken.
Die aanbeweeg word ook vasgevat deur “Fransman se jas”, wat handel oor ‘n tronkvoël wat vrygelaat word en probeer om sy verlede in die bende af te skud deur baie vinnig van als af weg te ry. Hy weet dis futiel, maar vir een aand kan hy jaag soos ‘n valk wat vlieg. Eweneens handel “Vrou op die trein in die skildery” oor ‘n vrou wat op ‘n trein sit ná ‘n traumatiese egskeiding – sy voel eensaam, maar op ‘n manier voel sy ook vry. Baie soos die vrou op die trein in “Compartment C, Car 293” wat in 1938 deur die Amerikaanse kunstenaar Edward Hopper geskilder is. “Ek ken jou tipe” praat weer oor die hede en kyk vorentoe, met sosiale kommentaar op nuwe brandstapels en inkwisisies in ‘n wêreld waar feit en fiksie vervleg word en nuwe sondebokke gevind word om vir mense se gevoel van onsekerheid te blameer.
Produksie
Gerhard, Ockert en Andries het die album in die middel van 2022 begin opneem. Al drie het klank-ateljees by hul huise, deels as gevolg van Covid. Ockert het ‘n studio in die kelder by sy huis, maar ook ‘n band rehearsal ruimte waar hy ingerig is om ‘n tromstel op te neem – in Kanada is hy lid van die band Deathdrive. Andries het als gemeng, die finale meng tydens ‘n maandlange verblyf in Kopenhagen in September 2023. Willem Möller het weer die album by Sharpe Street Studios in Glencairn gemaster en voorstelle gemaak met die finale klankmengproses.
Behalwe vir die afwesigheid van Brixton Barnard se stem, is die album se klank baie soos vorige Brixton Moord & Roof Orkes plate – ‘n eklektiese kombinasie van musikale style. Daar is rock, folk, reggae, country en kwêla. Die oorwegende klank is egter ‘n kombinasie van rock en donker ballades, darem ook met vele humoristiese oomblikke. Andries en Gerhard doen die vocals, Andries speel akoestiese kitaar en keyboards, Gerhard speel elektriese kitaar en baskitaar, en Ockert speel drums en ander perkussie.
Oor die maak van die album sê Andries: “Ons het ‘n old school analogue klank probeer kry, alhoewel als digitaal opgeneem en gemeng is. Maar die programmatuur wat ek gebruik het simuleer klassieke analoog kompressors en equalisers – Fairchild en Pultec. Ek hoop mense wat daarna luister kan daardie ‘grit’ hoor.” Ockert voeg by: “Ek is regtig gelukkig met hoe die album klink. Daar iets bekends omtrent die musiek, maar terselfdertyd ook uitdagend. As jy moeg is vir die middelmoot populêre musiek wat oral opgedis word, en jy hou van musikante wat soms bietjie kanse vat, dan is hierdie album vir jou.”
STRATE SONDER BOME – LIRIEKE
[1] BABELAAS IN BRIXTON
Die toring staan paraat, stuur seine wyd en ver
Maar die toring se seine maak die skuifhek deurmekaar
Die toring van Babel met elf nuwe tale
Babbel op die draadloos en TV 1, 2, 3
Laatnag ecstacy op e-tv
Skuins oor die pad roep Hawaiian kitaar
Na iewers daar ver of iemand wat swaar dra
Oorkant die pad langs die slumlord-king
Met sy pimped BMW en sy dobbelmasjien-scheme
Net nog ‘n Lagos scene
Groot hond aangestel om die tuinslang op te pas
En die jeans op die draad en ‘n Klipdrift t-shirt
Dubbels op my lawn, dubbels in my glas
Skokmasjien en ‘n blik vol traangas, staan vas
Die varsity se bloekoms is ons enigste view
Met ‘n ambient sound track se hadedaskreeu
Een nul trippel een helikopter doen ‘n fly-by
Op Ripley se hoek nog ‘n Vrydagaand drive-by
Aai, aai, aai
Babelaas in Brixton, gebreekte bottels in die straat
Spoke op my radio, bose geeste in my jaart
Nuwe tunes in die band room
En die bure raak kwaad ja die bure raak kwaad
Help! skree die bra, I’ve just been shot
But I think I’m o.k. cause it doesn’t hurt a lot
And it’s happened before so I’ll sit here for a while
And it’s clear to me now that someone hates my style
Pro’bly someone that I know who doesn’t really like my style
Babelaas in Brixton, gebreekte bottels in die straat
Spoke op my radio, bose geeste in my jaart
Nuwe tunes in die band room
En die bure raak kwaad ja die bure raak kwaad
Wit wolke en Dali se prent moer af
Maar ons sit tevrede in die Abelarde en wag
Vir die kaptein en ons swaai aan ons droom
En ons kyk ver en verby waar ander dalk skroom
Daar is dou op die ruit en die vlae hang traag suid
Sonder seremonie by die bar uitgesmyt
Met die swaai van jou heupe roep jy my terug
En help my oor die rivier se brug
Paraffienlamp brand in jou donker karavaan
Net sewe rand oor vir die res van die maand
Babelaas in Brixton, gebreekte bottels in die straat
Spoke op my radio, bose geeste in my jaart
Nuwe tunes in die band room
En die bure raak kwaad ja die bure raak kwaad
(Woorde en musiek: Gerhard Barnard)
[2] VROU OP DIE TREIN IN DIE SKILDERY
Haar hare is die kleur van vroegskemer oranje
Hoed uit die dertigs, swart rok en sjampanje
Rou sy of juig sy? Dalk ‘n bietjie van elk
Blaai deur ‘n tydskrif wat op haar skoot lê en verwelk
En nou voel sy so eensaam, maar ook ‘n bietjie vry
Soos die vrou op die trein in die Ed Hopper skildery
Liefde word gewoonte en omgee word plig
Wat as keuse begin het word toe groef en wig
Tussen dit wat ons gedenk en dit wat ons nou krenk
Tussen troufoto-album en afskeepgeskenk
En nou voel sy so eensaam, maar ook ‘n bietjie vry
Soos die vrou op die trein in die Ed Hopper skildery
Een, twee, drie, vier, snytjies van papier
Duisend snytjies deur die jare bring haar tot hier
Wie kry Agaat en wie kry Disgrace?
Boeke in bokse en kinders uit die huis
En nou voel sy so eensaam, maar ook ‘n bietjie vry
Soos die vrou op die trein in die Ed Hopper skildery
Eensaamheid en vryheid loop kruis en munt
Die Janus-gesig wat ons aan mekaar vasbind
Die loop-en-val, die haak-en-steek
Die wag-‘n-bietjie-bos se terughou of losbreek
En nou voel sy so eensaam, maar ook ‘n bietjie vry
Soos die vrou op die trein in die Ed Hopper skildery
(Woorde en musiek: Andries Bezuidenhout)
[3] EK KEN JOU TIPE
Opgekerf deur Occam se mes
Om together te bly doen ek my bes
My voete loop na Yeoville, maar ek gaan Brixton toe
Paal onder water, feit soos ‘n dooie koei
Ek ken nie vir jou nie, maar ek ken jou tipe
Ek ken nie vir jou nie, maar ek ken jou tipe
Hoe groter die twyfel, hoe luider die megafoon
Naelstring van begin tot waar ek nou woon
Strek oor kontinente tot op ‘n breekpunt
Pyl uit ‘n boog, my seile na die wind
Ek ken nie vir jou nie, maar ek ken jou tipe
Ek ken nie vir jou nie, maar ek ken jou tipe
Regse brandstapels, linkse inkwisisie
Muilband op papier en op die televisie
Die waarheid opgestuur in ‘n lugballon
Feite toegespin in ‘n sykokon
Ek ken nie vir jou nie, maar ek ken jou tipe
Ek ken nie vir jou nie, maar ek ken jou tipe
Egte onnoselheid, kunsmatige vernuf
Is jy ernstig of besig om te bluf
En is dit jou gesig op die screen
Jou mond wat die woorde maak, jou oë wat ek sien?
En al wat ek hoor:
Ek ken nie vir jou nie, maar ek ken jou tipe
Ek ken nie vir jou nie, maar ek ken jou tipe
Angel in ‘n byekorf, heuning om die mond
Sianied se kekkellag, speeksel in die grond
Myne in die see, myne op die maan
Skokgolwe en bore soek olie en uraan
En al wat ek hoor:
Ek ken nie vir jou nie, maar ek ken jou tipe
Ek ken nie vir jou nie, maar ek ken jou tipe
(Woorde: Andries Bezuidenhout, musiek: Gerhard Barnard, Andries Bezuidenhout)
[4] TAPE DECK BEGRAFNISBRIEF
Hierdie is ‘n begrafnisbrief per tape deck
Opgeneem op daai ou double decker deck
Daai boom box wat so ‘n bietjie trek
Die man is dood, die man is dood
Die man is weg, die man is weg
Die man is dood, die man is dood
Die man is weg, die man is weg
Daai boom box het stof opgegaar in die garage
Maar dis nou weer baas
Nou weer aan die gang met nuwe double A’s
Die man is dood, die man is dood
Die man is weg, die man is weg
Die man is dood, die man is dood
Die man is weg, die man is weg
Laat ons daai ou Capri V6 vat
Daar gat ons, af met die pad
Wag tot ons Fulham slat
Die man is dood, die man is dood
Die man is weg, die man is weg
Die man is dood, die man is dood
Die man is weg, die man is weg
Draai oop daai ruit
Hang by die venster uit
Daai boombox skree luid:
Die man is dood, die man is dood
Die man is weg, die man is weg
Die man is dood, die man is dood
Die man is weg, die man is weg
(Woorde: Ockert Greeff, musiek: Gerhard Barnard)
[5] FRANSMAN SE JAS
Hy was uitgeput van rus en rondsit
Soms iemand met lem of vuis op sy plek sit
Vir oulaas hoor hy die sleutel knars
As die staalhek oopswaai en die daglig oopbars
Koplighoofdig, halsoorkoplig
Môre moet nog aanbreek, maar vanaand kan hy net ry
Van weg waar hy vandaan kom en waar hy moet gaan bly
Vanaand vlieg hy by als soos ‘n valk verby
Hy was vasgeveter en ingegespe
Boei en belt en koppiespeld
Hare na agter, maar sy rugstring op knip
Buitelig blits, vlieswolke wit
As erewag lag windpomp en telefoonpaal
Stom monumente van hout en staal
Hou maar jou frons, hou maar jou smile
Vanaand sal hy self die rigting bepaal
Koplighoofdig, halsoorkoplig
Môre moet nog aanbreek, maar vanaand kan hy net ry
Van weg waar hy vandaan kom en waar hy moet gaan bly
Vanaand vlieg hy by als soos ‘n valk verby
Met ‘n skeerlem die nommer van sy arm afgeskil
Met ‘n Fransman se jas, sy bloed nou stil
In nêrens se rigting in die pad geval
Oor sy skouer gegluur vir ingeval
Koplighoofdig, halsoorkoplig
Môre moet nog aanbreek, maar vanaand kan hy net ry
Van weg waar hy vandaan kom en waar hy moet gaan bly
Vanaand vlieg hy by als soos ‘n valk verby
(Woorde en musiek: Andries Bezuidenhout)
[6] MENSE SOOS ONS
In Jargonelles na Gert Vlok Nel gaan luister
Drikus speel bass terwyl Gert iets fluister
Van treine daar ver en those in peril at sea
En oor die pad van hier af suid en die woord rivier
Die Hoëveld was eens ‘n antieke meer
Nou vloei fonteine net in name deur skagte wat verweer
Ry oos met Caroline of wes met Collins
Twee eenrigtingstrate vir mense soos ons
Vir mense soos ons, vir mense soos ons
Vir mense soos ons wat nêrens heen gaan nie
Die Abelarde Sanction is net op die hoek
Van Fulham en Ripley as jy dit soek
Damn the Icebergs vanaand se vermaak
Soos ons stadig op quarts Black Label dronk raak
Sê “aah” vir nog ‘n slukkie sê die tandartsstoel
En agter in die bar speel Mark Bennett steeds pool
Ry oos met Caroline of wes met Collins
Twee eenrigtingstrate vir mense soos ons
Vir mense soos ons, vir mense soos ons
Vir mense soos ons wat nêrens heen gaan nie
In Breeze Block is DJ Charles Leonard op die tafels
Dis op vodka en lyne wat ons vanaand uitrafel
Ons met ons plankvloere en plafonne van staal
Die goud lankal op, die sypaadjies kaal
Maar daar’s musiek in die lug en ‘n naald op viniel
Dis ons wat steeds dans tussen bou en verniel
Ry oos met Caroline of wes met Collins
Twee eenrigtingstrate vir mense soos ons
Vir mense soos ons, vir mense soos ons
Vir mense soos ons wat nêrens heen gaan nie
(Woorde en musiek: Andries Bezuidenhout)
[7] TOP STAR
Volg die pad uit Simmondsweg wat boontoe loop
Tot by die movieskerm bo-op Ferreira se mynhoop
Parkeer langs ‘n paaltjie vir blikkerige klank
Met sout-asyn chips in ‘n nuuslose koerant
Die movie kom op as die son gaan sak
Dirkie, eLollipop en Kiepie en Kandas
Jaws, James Bond en Herbie goes bananas
Movies op ‘n mynhoop by Top Star
‘n Skrefie naglug vir wasem teen die ruite
Daai skerm ‘n venster na die wêreld daar buite
Ek vergeet van die werk in die Volla saam met jou
Ek vergeet van als as jy my hand so vashou
Ek weet jou parfuum kom van die counter by Garlicks
Maar vir my ruik jy pure Hollywood, my Darling
Die toasted cheese proe soos kaviaar
As ons movies kyk by Top Star
Soms kyk jou oë by die skerm verby
Staar jy deur die voorruit en voor jy jou kon kry
Sien jy die Hillbrowtoring, die Pontegebou
Daar’s ‘n stad agter die storie hier reg voor jou
‘n Stad met duisend stories maar wie sal dit onthou?
‘n Eerste soen op die back seat en nou
Hoor jy Ag Please Daddy en Welcome to My Car
Tonele deur die jare by Top Star
Die teer het verweer en die skerm is laat sak
Die mynhoop is gesloop om die goud uit te vat
Vir oulaas ‘n aksiefilm uit 2008
Wat nou van Top Star oor is, is ‘n yslike gat
Top Star…
(Woorde en musiek: Andries Bezuidenhout)
[8] ONTDEKKERSWEG
Drive-in milk shakes en swop shops
Drive-thru burgers en Ultra Stops
Drive-by sixpacks en chop shops
Tattersalls en Crazy Slots
Dr Ali van Malawi het kure vir jou
Die depressie of net ‘n bietjie blou
Slap rieme of verlore liefde
Skuldverknorsings of bek-en-klou
Tweedehandse motors, tweedehandse meubels
Tweedehandse liefde op lay buy
Maar als voel weer splinternuut
Als voel weer spiek en span
Op ‘n Ontdekkersweg Sondagmiddag drive
Florasentrum se motorparkade
Chisanyama en Hyperama
Hit en runs en ‘n padblokkade
Izinyoka met koperdrade
In die week kry jy jou tydmors se voorskot
Met ‘n verkeersknoop om elke stukkende robot
Gisteraand se take away oorskot
Jou passasier in ‘n Tupperware kosblik
Tweedehandse motors, tweedehandse meubels
Tweedehandse liefde op lay buy
Maar als voel weer splinternuut
Als voel weer spiek en span
Op ‘n Ontdekkersweg Sondagmiddag drive
Ontdekkersweg is ‘n slagaar
Met Ontdekkersweg kom jy daar
Maar waar dit is weet wie-weet-waar
Op Ontdekkersweg ry jy maar
Tweedehandse motors, tweedehandse meubels
Tweedehandse liefde op lay buy
Maar als voel weer splinternuut
Als voel weer spiek en span
Op ‘n Ontdekkersweg Sondagmiddag drive
(Woorde en musiek: Andries Bezuidenhout)
[9] DIE MONOPOLY SHUFFLE
U aanvangsalaris is twee honderd rand
Gooi nou die stene dat ons sien waar u land
Op Strand-, Commissioner- of Adderleystraat
Musgraveweg of Jan Smuts-laan
Koop ‘n huis of vier of sommer ‘n hotel
By die gemeenskapskas kan u instruksies optel
Oor die wat besit en die wat huur betaal
Ons wat voor is en u wat moet inhaal
U het koffie gemors…
Gaan tronk toe, skuif reguit tronk toe
Moenie eers by begin verby gaan nie
Gaan reguit tronk toe
Te veel om van te kies, so veel om te doen
Hondjie, resies kar of silwer skoen
En waar kry u daardie hoed, die strykyster of boot?
Vir soveel opsies kan selfs dobbelaars begroot
So gaan maar op ‘n uitstappie na Bloemfonteinstasie
Blokkiesraaisel kompetisie wenner konsternasie
En vorder dan maar weer twee honderd rand in
Met elke ompad verby die begin
U het koffie gemors…
Gaan tronk toe, skuif reguit tronk toe
Moenie eers by begin verby gaan nie
Gaan reguit tronk toe
Betaal ‘n boete van tien rand
Of stel u kans op die proef
Dit is u verjaarsdag
Vorder twintig rand in by elke boef
U het te vinnig gery
Betaal ‘n boete van vyftien rand
En as u u weer kon kry
Het u Voortrekkersweg verpand
U het koffie gemors…
So gaan tronk toe, skuif reguit tronk toe
Moenie eers by begin verby gaan nie
Gaan reguit tronk toe
So gaan tronk toe, skuif reguit tronk toe
Moenie eers by begin verby gaan nie
Gaan reguit tronk toe
(Woorde en musiek: Andries Bezuidenhout)
[10] STRATE SONDER BOME
In my drome
Loop ek in strate sonder bome
Daar is ‘n kroeg teen die bult af
Daar waar die honde blaf
Ons speel in die kroeg van lang quarts
Probeer om ‘n band te word
Jy met toe oë, ek met gebalde vuiste
Die kroeg ons Sondagnag tuiste
Reg voor die deur
Op die stoep van die huis
Was daar ‘n klein warm bondeltjie
Met ‘n swart tongetjie
Iemand het hom hier gelos,
Hy sy gesê
Kom ons gee hom kos,
Het sy gesê
In my drome
Loop ek in strate sonder bome
Daar is ‘n huis net oorkant
Met ‘n kombuistafel soos ‘n eiland
In die kombuis drink ons sterk
Jou naels nog swart van werk
Styf om die nek van die Klipdrif
Vlug deur al wat ‘n kitaar riff
Reg voor die deur
Op die stoep van die huis
Was daar ‘n klein warm bondeltjie
Met ‘n swart tongetjie
Iemand het hom hier gelos,
Hy sy gesê
Kom ons gee hom kos,
Het sy gesê
In my drome in strate sonder bome
Lê ek uitgestrek in die son
Op ‘n stoep met rooi stene
Warm gebak onder my bene
Iemand het hom hier gelos!
Roep ‘n vrou
Hy lê hier soos ‘n rondloper hond!
Roep ‘n vrou
Vuil van sy eie stront!
Reg voor die deur
Op die stoep van die huis
Was daar ‘n klein warm bondeltjie
Met ‘n swart tongetjie
Iemand het hom hier gelos,
Hy sy gesê
Kom ons gee hom kos,
Het sy gesê
(Woorde: Ockert Greeff, musiek: Andries Bezuidenhout, Gerhard Barnard)
[11] BRIXTON SE VURE
Son op die dak laat die sink na asem snak
Bakstene ril as die koue hul vasvat
In ‘n greep wat net vlamme kan verlig
Tussen bibber en knetter balanseer my brug
Alice of Asfodel, Pringlebaai of Montreal
Wat bepaal of jy vlieg of val
Of van watter kant van Brixton se rand
Jy nou dophou hoe die vure brand?
Doodgewoon eens daar gewoon
Langs ‘n sonwysertoring wat seisoene aantoon
Geen legendes of epiese verhale
Net amps en drums en kabels en snare
Alice of Asfodel, Pringlebaai of Montreal
Wat bepaal of jy vlieg of val
Of van watter kant van Brixton se rand
Jy nou dophou hoe die vure brand?
Of Brixton nou jou Ithaka is
Of bloot ‘n plek waar die reisiger rus
Waar die winterson aan sement vasgom
Bly die vraag of jy ooit weer terugkom
Alice of Asfodel, Pringlebaai of Montreal
Wat bepaal of jy vlieg of val
Of van watter kant van Brixton se rand
Jy nou dophou hoe die vure brand?
(Woorde: Andries Bezuidenhout, musiek: Gerhard Barnard)

