Music video for “Mombak se sin”, from the album “Bleek berus” (2009). The song speaks to a traditional Afrikaans lullaby. Trivia: The book on the table is “Kniediep” by Harry Kalmer. Kalmer got the book’s title from a poem by Wopko Jensma, which is also reproduced in the book.
Music video for “Skemer” [Tr: Dusk], from the album “Insomniak se droomalmanak” [Tr: Insomniac’s dream calendar] (2004). The backing vocals are by Joanne Jaques.
Title: “Ek ry die hele nag lank”, by Andries Bezuidenhout, oil on canvas, 40.6×40.6cm, 2016
The title refers to a song by Afrikaans musician Valiant Swart. The song deals with a trip from the Western Cape to Johannesburg (referred to as Gomorrah) and Pretoria (Sodom) to perform to audiences there. In the song the speaker drives all day long – “ons ry die hele dag lank”.
Title: “Prynnsberg, ‘n lug vol helder wolke”, by Andries Bezuidenhout, oil on canvas, 25.5×25.5cm, 2017
A painting from a series completed at Prynnsberg in the Eastern Free State. The title refers to a novel by Karel Schoeman – “‘n Lug vol helder wolke”, situated in the Free State. Translated into English the book title refers to a sky filled with luminous or bright clouds.
Title: “Prynnsberg kitchen”, by Andries Bezuidenhout, oil on canvas, 40.6×40.6cm, 2017
The kitchen of the Prynnsberg manor house in the Eastern Free State. The work was on exhibition at the Breytenbach Gallery in Wellington as part of an exhibition titled “Instruments of peace”.
Kom sit saam met Koos Kombuis en Andries ‘Roof’ Bezuidenhout om die kombuistafel en luister hoe die twee woordkunstenaars heerlik en hartlik gesels tussen splinternuwe liedjies en ook ʼn paar wat ou herinneringe wek. Na suksesvolle optredes op die verhoë by die KKNK in Oudtshoorn, die Stellenbosse Woordfees en die Breytenbach-sentrum se Bôrdienghuis teater in Wellington, is Terug na die Kombuis!nou uiteindelik in Pretoria op die planke. Dra ʼn lady van die bodorp nog tekkies en ʼn oorhangtrui? En wat van liefde wat grense oorsteek? Deesdae dra mense eerder posters as pasboeke. Kom sien waaroor die bohaai gaan! In die woorde van die resensent Herman Lategan: “…gaan kyk self. Dit sal nie ʼn teleurstelling wees nie.”
Waar? Atterbury Teater by Lynnwood Bridge (op die hoek van Lynnwoodweg en die N1)
Wat gebeur as ʼn kombuistaal terugkeer na die kombuis? In April 2015 het twee ou vriende, André Letoit (Koos Kombuis) en Andries Bezuidenhout (Roof van die Brixton Moord en Roof Orkes) ʼn verhoog in Oudsthoorn bestyg en die deels geïmproviseerde kabaretvertoning “Terug na die Kombuis” opgekook te midde van beurtkrag, vreemdelingehaat, ekonomiese verval en kulturele polarisasie.
Die bebaarde eks-aktivis en die ewe bebaarde dog meer bedaarde vakbond-deskundige het uitgepak oor alles wat hulle pla; ontnugtering oor korrupsie, klimaatsverandering, oorlog, plae en hulle eie loopbane. Geen doekies is omgedraai nie. Geen boodskap van hoop is uitgedra nie. Vir beide Koos en Roof was die vertoning ʼn ‘nul-punt’, ʼn katarsis, ʼn boedeloorgawe.
Tog was mense gaande daaroor. Die twee digter-sangers keer nou terug na die planke tydens die Stellenbosse Woordfees van 2016 met ekstra rampe en ontnugterings ingeroer, maar ook selfs ʼn knippie hoop en sakke vol humor. Toevallig voel albei baie beter oor die land se toekoms as verlede jaar hierdie tyd.
Met hierdie terugkeer na die kombuis herbesoek die twee van Koos se vroegste songs en praat oor wat die betekenis daarvan in deesdae se vernaderende tye sou wees. Dra ʼn lady van die bodorp nog tekkies en ʼn oorhangtrui? En wat van liefde wat grense oorsteek? Deesdae dra mense eerder posters as pasboeke.
Benewens ʼn herbesoek aan ou gunstelinge soos “Lady van die bodorp”, “Ontug in die lug”, “Lisa se klavier” en “Lente in die Boland” stel beide Koos en Roof splinternuwe komposisies aan hul gehore by die Woordfees bekend. Kom sien waaroor die bohaai gaan!
Lees die humoristiese resensie deur Herman Lategan in Ink (foto deur Nardus Engelbrecht)
Herman Lategan resenseer “Terug na die kombuis” in Ink, die Woordfeeskoerant
Saterdag, 5 Maart 2016, 11:00 Maandag, 7 Maart 2016, 14:30 Vrydag, 11 Maart 2016, 18:00 Woordfees, Stellenbosch