Paintings, music, writing

GAS: A group exhibition with Andries Bezuidenhout, Hanné Koster and Kirby van der Merwe

"Brandstof" [Fuel], oil on canvas, 30x40cm
“Brandstof” [Fuel], oil on canvas, 30x40cm

Andries Bezuidenhout on his contribution to the exhibition:

gas gases, n. gas; (Am.) brandstof, petrol
gas gaste, n. guest, visitor
gas gasse, n. gas

JM Coetzee writes in his novel Elizabeth Costello: “Realism has never been comfortable with ideas. It could not be otherwise: realism is premised on the idea that ideas have no autonomous existence, can exist only in things. So when it needs to debate ideas, as here, realism is driven to invent situations – walks in the countryside, conversations – in which characters give voice to contending ideas and thereby in a certain sense embody them” (p. 9). Or paintings. The title “Gas” draws on Edward Hopper’s painting with the same title, a work characteristic of the American painter’s realist approach to depicting landscapes. Hopper completed this painting of a rural filling station in 1940. A lonely figure guards three fuel pumps at sunset. Electric light from the filling station contrasts with natural light at dusk. A dense forest blocks the horizon.

When we look at Hopper’s painting today it most probably calls up different connotations to those of a typical art enthusiast of the 1940s. Environmental concerns and the ecological impacts of fossil fuels are at the forefront of present day collective consciousness. Fuel stations have already changed in form and design. In the near future filling stations will, in all probability, no longer be places where we are required to interrupt our journeys. This may be a cause for feelings of nostalgia, but their ruins will also remind us of why we use the word anthropocene to name the current era.

The South African context also calls up pertinent issues around the use of non-renewable sources of energy: coal, oil, the impact of fracking on water sources, etc. I’ve been working on landscape paintings that explore how that which we observe on the earth’s surface is related to that which we pump and dig from below the surface in order to move “forward” – to progress, or to regress? I have also been exploring these issues in my poetry and music.

“Gas”, when spoken in Afrikaans, may also mean “guest” or “visitor”. The landscape painter is a visitor, at times a guest, an outsider’s eye that travels with a vehicle propelled across the landscape by a diesel engine in order to stare, to photograph, to paint. The anthropocene era forces us to be more aware of the tension between our status as guests or proprietors of the planet we inhabit. The human being as colonial animal, invader species, parasite. It’s about land, landscapes and possession. Who decides what happens to mineral and water resources? Terms such as “water rights”, “mineral rights” and instruments such as cadastres codify and control nature and other people in a symbolic and violent order. On the landscape itself fences, walls and warning signs are erected as instruments of control. Locating Hopper’s “Gas” in contemporary South Africa would imply eucalyptus trees and Apollo lights over an informal settlement on the horizon.

Landscape painting is typically seen as a conservative and nostalgic artistic genre. Maybe a different way of viewing landscapes (Hopper’s landscapes, but also contemporary realist landscape painting) presents different possibilities. Then again, realism can only deal with the concrete, the landscape, the conversation.

Opening: Saturday 6 February 2016, 11:00

Where? Breytenbach Sentrum, 14 Burger Street, Wellington, South Africa

RSVP: Anne-Ghrett 083 415 0002 / galery@breytenbachsentrum.co.za

uitnodiging - GAS

Woordfees 2016: Terug na die kombuis

20160308_073201~2

Wat gebeur as ʼn kombuistaal terugkeer na die kombuis? In April 2015 het twee ou vriende, André Letoit (Koos Kombuis) en Andries Bezuidenhout (Roof van die Brixton Moord en Roof Orkes) ʼn verhoog in Oudsthoorn bestyg en die deels geïmproviseerde kabaretvertoning “Terug na die Kombuis” opgekook te midde van beurtkrag, vreemdelingehaat, ekonomiese verval en kulturele polarisasie.

Die bebaarde eks-aktivis en die ewe bebaarde dog meer bedaarde vakbond-deskundige het uitgepak oor alles wat hulle pla; ontnugtering oor korrupsie, klimaatsverandering, oorlog, plae en hulle eie loopbane. Geen doekies is omgedraai nie. Geen boodskap van hoop is uitgedra nie. Vir beide Koos en Roof was die vertoning ʼn ‘nul-punt’, ʼn katarsis, ʼn boedeloorgawe.

Tog was mense gaande daaroor. Die twee digter-sangers keer nou terug na die planke tydens die Stellenbosse Woordfees van 2016 met ekstra rampe en ontnugterings ingeroer, maar ook selfs ʼn knippie hoop en sakke vol humor. Toevallig voel albei baie beter oor die land se toekoms as verlede jaar hierdie tyd.

Met hierdie terugkeer na die kombuis herbesoek die twee van Koos se vroegste songs en praat oor wat die betekenis daarvan in deesdae se vernaderende tye sou wees. Dra ʼn lady van die bodorp nog tekkies en ʼn oorhangtrui? En wat van liefde wat grense oorsteek? Deesdae dra mense eerder posters as pasboeke.

Benewens ʼn herbesoek aan ou gunstelinge soos “Lady van die bodorp”, “Ontug in die lug”, “Lisa se klavier” en “Lente in die Boland” stel beide Koos en Roof splinternuwe komposisies aan hul gehore by die Woordfees bekend. Kom sien waaroor die bohaai gaan!

Lees die humoristiese resensie deur Herman Lategan in Ink (foto deur Nardus Engelbrecht)

Herman Lategan resenseer "Terug na die kombuis" in Ink, die Woordfeeskoerant
Herman Lategan resenseer “Terug na die kombuis” in Ink, die Woordfeeskoerant

Saterdag, 5 Maart 2016, 11:00 Maandag, 7 Maart 2016, 14:30 Vrydag, 11 Maart 2016, 18:00 Woordfees, Stellenbosch

Bespreek betyds ‘n kaartjie by Computicket.

Foto’s deur Nardus Engelbrecht

Toorberg Series

A series of paintings done at a temporary studio at Westbrook Farm near Toorberg in the Graaff-Reinet district in December 2015 and January 2016. The paintings will be part of an exhibition at the Breytenbach Gallery in Wellington in February 2016.

Slaaptyd in die Suburbs – Brixton Moord en Roof Orkes

Slaaptyd Boek Cover“Slaaptyd in die suburbs” is die Brixton Moord & Roof Orkes se derde en laaste album. Dis as ‘n beperkte oplaag van 100 bundels met lirieke en skilderye van Marguerite Visser aan die einde van 2014 vrygestel en as CD aan die begin van 2015. In 2021 is die album vir streaming vrygestel, en ‘n nuwe mix in 2024.

Luister op Apple, Spotify, YouTube, ens.

Uittreksel uit ‘n resensie:

“Brixton Moord & Roof Orkes het nou maar die manier om jou na die werklikheid terug te ruk, of tot wysheid en alternatiewe insigte te bring. Die album Slaaptyd in die Suburbs is geen uitsondering nie. Op hierdie album leer ken ons verskillende mense, elkeen met sy eie klein storie en groot verdriet. Elkeen ken iemand soos Vera, Lenie, ­Mariaan, Marius… Dit was omtrent ’n dekade gelede dat die orkes laas ’n album gemaak het. Hierdie album is dus meer as welkom, al konfronteer dit jou met dinge wat jy soms wil ignoreer. Neem nou maar ‘Klein­burgerlike Kreet’ wat jou opnuut laat kyk na hoe die woonbuurt lyk waar jy bly. Die elektriese heinings en diefwering skree vir jou net soos jy wil skree, al weet jy dit is verniet. En in ‘Die ballade van Vera Naudé’ identifiseer jy met haar versugting van ontburger te wees deur vrees en haat. Dan is daar die heerlike ironiese lied ‘Tankwa-Karoo’ van iemand wat stilte gesoek het, maar dan skielik besef dat dit ook nie is waarna hy gesmag het nie. Hier word weer bevestig dat Totius tog reg was toe hy gesê het die wêreld is ons woning nie. En jy kan met Amanda Strydom saamstem dat die enigste plek waar jy dalk sal rus vind die kamer in jou kop is. Geen album van hierdie orkes gaan jou die son laat sien sonder om bewus te wees van die wolk wat kan inskuif nie. Dit laat jou egter helder sien, en dink laat dit jou dink. Die lirieke is altyd so vasvat waar. ’n Mens kan jou verlustig in die digterlikheid terwyl ’n mes in ’n wond of twee draai. Wat ’n mens veral van hulle waardeer, is die manier waarop hul musiek jou onmiddellik gryp en jou aandag hou. Hier is geen geteem of tranerige wysies nie. Selfs die einde van dae, verlies, ’n tronksel en verlange wil jy met jubelende voete op maat van die musiek tegemoet dans.”
– Mariana Malan, Die Burger, 6 Mei 2015

Brixton Barnard, die band se baskitaarspeler en skrywer van baie van die musiek, is kort na die vrystelling van die album aan breinkanker oorlede. Lees ‘n huldeblyk op Versindaba.

Series: “Nanny”

Title: “Nanny I” and “Nanny II”, by Andries Bezuidenhout, charcoal on paper, 20 x 14 cm on A3 and 23 x 14 on A3

These two drawings are dedicated to the South African academic Ena Jansen, who writes on childcare and domestic labour in Afrikaans literature.

Price: R2 000 for the series of two   For sales contact: admin[at]andriesbezuidenhout.co.za

Central Garage, Loeriesfontein

Central Garage, Loeriesfontein
Central Garage, Loeriesfontein

Title: “Central garage, Loeriesfontein”, by Andries Bezuidenhout, oil on canvas, 71 x 61 cm

Artist on this work: “I’m in the process of exploring warm and cold light – dawn vs. electric light, direct vs. reflected light. I’m interested in fuel stations in various parts of the country, specifically the Karoo. These places raise questions around fossil fuel and the process of fracking that will commence in the Karoo in the near future. While working on these paitings, I constantly think of Ed Hopper’s painting Gas.”

Price: R9 000 (SOLD)

Populiere naby Kompasberg

Title: “Populiere naby Kompasberg”, by Andries Bezuidenhout, oil on canvas, 51 x 61 cm

Poplar trees near Kompasberg – or “Compass Mountain”. Shortly after sunset on the road from Nieu Bethesda in South Africa’s Karoo region, past the Van Heerden farm, on to Kompasberg.

Price: R4 500

To buy this painting contact Alice-ka at the Hanover Hotel at (053) 643 0019 or reservations@hanoverhotel.co.za

Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle

Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle is Andries Bezuidenhout se tweede digbundel en is in 2014 deur Protea Boekhuis gepubliseer.

In Andries Bezuidenhout se tweede bundel word twee werklikhede wat op die oog af nie raakpunte het nie, naas mekaar geplaas. Aan die een kant is daar die groter ruimte van die Suid-Afrikaanse stad en platteland, en aan die ander kant die intieme ruimte van die huis, veral die kombuis, gevul met verskillende toestelle. In albei hierdie ruimtes is verandering aan die werk. Die slopende werking van die geskiedenis bring verval, afsondering en verlatenheid in stad en dorp mee; in die kombuis is die verandering geheimsinniger, soms meer sinister, en wonder die spreker oor die sameswerings van huishoudelike toestelle teen hulle gebruikers (“Kombuiskomplot”). In die gedig “Muizenberg, renovator’s dream” word die verandering wat die geskiedenis meebring, gesien as die “ewige ritme van bou en verval”, daarenteen is die prosesse in die huis, afkoeling,  reiniging, en voorbereiding van maaltye iets baie meer basies, maar noodsaaklik, soos die digter in “You’ll always find me in the kitchen at parties” aanvoer: “Die geskiedenis, liewe vriende,/word selde in fabrieke vervaardig,/soos enige digter wat haar sous werd is weet:/In kombuise word dit opgekook.”

Andries Bezuidenhout is dosent in arbeidsosiologie aan die Universiteit van Pretoria, maar is ook bekend as rocksanger en visuele kunstenaar. Hy het in 2007 met Retoer as digter gedebuteer.  Retoer was ’n baie goeie verkoper en hierdie bundel behoort ook by baie lesers aanklank te vind.  PRYS: R150.00 (BTW ingesluit); ISBN: 978-1-4853-0072-4; FORMAAT: 213 x 137 mm;  Sagteband; 76 pp; Protea Boekhuis, 2014.

Koop die bundel by Takealot (ook beskikbaar as e-boek) of by Amazon.

Lees Joan Hambidge se resensie van die bundel op Versindaba.

Lees Jaco Barnard-Naude se resensie-essay oor die bundel op LitNet Akademies.

Lees Rudolph Stehle se resensie in Beeld, asook ‘n onderhoud met Andries.

Lees Maggie Marx se resensie van die bundel in Rapport.

Lees ‘n onderhoud met Andries deur Louis Esterhuizen op Versindaba.

Kyk na ‘n onderhoud op YouTube met Andries op die ontbytprogram Dagbreek oor die bundel.

Lees ‘n onderhoud met Andries deur J.B. Roux oor die bundel in Die Burger, asook “Koelkas”, een van die gedigte in die bundel.