Paintings, music, writing

Openbare swembad, Brandvlei

“Openbare swembad, Brandvlei”, olie op doek, 51x61cm, 2015, R9 500
“Openbare swembad, Brandvlei”, olie op doek, 51x61cm, 2015, R9 500

Title: “Openbare swembad, Brandvlei”, by Andries Bezuidenhout, oil on canvas, 51x61cm, 2015

The empty public swimming pool at Brandvlei. “Brandvlei” means burning swamp or spring. There is very little water in the area. The town is near Verneukpan [tr: the dam or pond that cheats you], where South Africa’s version of the Burning Man Festival is held.

Price: R9 500 (Sold)

Motorkarkas, Tankwa Karoo

“Motorkarkas, Tankwa Karoo”, olie op doek, 61x71cm, 2015, R10 000
“Motorkarkas, Tankwa Karoo”, olie op doek, 61x71cm, 2015, R10 000

Title: “Motorkarkas, Tankwa Karoo”, by Andries Bezuidenhout, oil on canvas, 61x71cm, 2015

A car wreck in the Tankwa Karoo, one of South Africa’s most arid regions. The Afrikaans title refers to a car’s “corpse” – the word “karkas” refers to a dead animal.

Price: Sold

Richmond insleepdiens

“Richmond insleepdiens”, olie op doek, 76x91cm, 2015, R12 000
“Richmond insleepdiens”, olie op doek, 76x91cm, 2015, R12 000

Title: “Richmond insleepdiens”, by Andries Bezuidenhout, oil on canvas, 76x91cm, 2015

Richmond is a town in South Africa’s Karoo – on the main road from Johannesburg to Cape Town. The town prides itself on its many book shops and holds an annual literary festival. This painting depicts the local breakdown service.

Price: R12 000

To buy this painting contact: admin[at]andriesbezuidenhout.co.za

Petrolstasie, Carolina

“Petrolstasie, Carolina”, olie op doek, 76x91cm, 2016, R15 000
“Petrolstasie, Carolina”, olie op doek, 76x91cm, 2016, R15 000

Title: “Petrolstasie, Carolina”, by Andries Bezuidenhout, oil on canvas, 76x91cm, 2016

A filling station at Carolina, a town in South Africa’s Mpumalanga province. The name Mpumalanga refers to the place where the sun rises. This scene is at sunset. Carolina, traditionally a maize farming area, is surrounded by coal mines. At some stage the town’s water was so acidic that it became unsuitable for residents to use for washing.

Price: Sold

To buy this painting contact: admin[at]andriesbezuidenhout.co.za

Lord Milner Hotel se swembad, Matjiesfontein

“Lord Milner Hotel se swembad, Matjiesfontein”
“Lord Milner Hotel se swembad, Matjiesfontein”, olie op doek, 42x29cm, 2015, R5 500

Title: “Lord Milner Hotel se swembad, Matjiesfontein”, by Andries Bezuidenhout, oil on canvas, 42x29cm, 2015

The Lord Milner Hotel is a rambling, Victorian building on the railway line from Cape Town to Johannesburg. The swimming pool is at the back of the building at the edge of the establishment’s lush gardens. It forms a contrast with the arid Karoo landscape that surrounds it.

Price: Sold

Landskappe in musiek aan ‘n wasgoedlyn

"Wasdag in Observatory, Johannesburg", oil on canvas, 2015, 25x51cm.
“Wasdag in Observatory, Johannesburg”, oil on canvas, 2015, 25x51cm.

“Landskappe kan in olieverf geskilder word, maar ook in musiek uitgebeeld word. Eerskomende Saterdag (20 Februarie) gaan ek Suid-Afrikaanse landskappe saam met ʼn groep musikante wat ek respekteer en mee identifiseer op die verhoog ontgin. Die Wasgoedlyn-projek is een van daardie opwindende Suid-Afrikaanse projekte wat hoë vlakke van kreatiwiteit en professionaliteit met spontaneïteit kombineer. Gewoonlik tree Riku Lätti as ʼn tipe koormeester op. Hy stel die verhoog op en begin dan ʼn aantal musikale gesprekke tussen die kunstenaars. Hy beskyf dit so: ‘Geen twee Wasgoedlynkonserte is dieselfde nie. Daar is wel ‘n paar konstantes: Geen opgesmuktheid, net rou, ongerepte musiek, gespeel deur die skeppers self met die hart op die mou, en voila, ‘n towerwêreld van oorspronklike klank en liriek is telkemale gebore uit die niet.’ Saam met Riku is daar Jackie Lätti, Churchil Naude, Laurinda Hofmeyr, Willim Welsyn en ek, met slegs my kitaar gewapen.” – Andries Bezuidenhout

Waar? Breytenbach-sentrum, Burgerstraat 14, Wellington
Wanneer? Saterdag, 20 Februarie 2016
Hoe laat? 20:00, maar die deure is 19:00 al oop
Skade? R120 om in te kom. Daar’s ʼn splinternuwe verhoog en kroeg!
RSVP? Asseblief, dit help om kratte in die kroeg te tel (en stoele) maar kom gerus op die ingewing van die oomblik. By besprekings@breytenbachsentrum.co.za of by 082 335 3105

Hierdie vertoning is die laaste van ʼn reeks geleenthede wat saam met die groepsuitstalling “Gas” by die Breytenbach-sentrum in Wellington plaasvind. Van my skilderye is saam met werke van Kirby van der Merwe (olieverf op doek en aluminium) en Hanné Koster (fotografie) te sien – tot 3 Maart.

Voorsmaak van Churchil Naude (saam met Riku) op YouTube.

#Ashtag – ʼn gesprek oor kuns en ekologie

“Openbare swembad, Brandvlei”, olie op doek, 51x61cm, 2015, R9 500
“Openbare swembad, Brandvlei”, olie op doek, 51x61cm, 2015, R9 500

Wat het ʼn olieverfskildery van ʼn leë munisipale swembad in Brandvlei te doen met ʼn foto van ʼn posbus in Beaufort-Wes? Wat is die verband tussen die handelsmerke van oliemaatskappye en die beeldende kuns? Drie kunstenaars, Hanné Koster, Kirby van der Merwe en Andries Bezuidenhout, het saam aan ʼn uitstalling getiteld “Gas” gewerk wat op die oomblik by die Breytenbach-sentrum in Wellington besigtig kan word. Die uitstalling se titel kom van ʼn skildery van ʼn petrolstasie uit die 1940s deur die realistiese Amerikaanse skilder Edward Hopper.

Die drie kunstenaars lewer elk op hul eie manier kommentaar op die ekologiese krisis wat ons in die gesig staar. Hanné Koster stal foto’s uit van landskaptonele met petrolstasies wat in onbruik verval het, stukkende windpompe en doringdraad. Kirby van der Merwe werk meestal in olieverf – soms op doek, maar ook op aluminium – en skilder tonele van brandende takke, oorlogsveterane en die handelsmerke van oliemaatskappye. Andries Bezuidenhout werk ook met olieverf en skilder landskappe vol tekens van menslike bestaan – heinings, telefoondrade, hoogspanningslyne.

Die uitstalling is verlede Saterdag deur die digter Loftus Marais geopen, maar eerskomende Saterdag (13 Februarie, om 11:00) gaan die drie kunstenaars self oor hul werk praat. Tydens hierdie rondleiding deur die galery gaan hulle gaan praat oor wat hul geïnspireer het om die werke aan te pak en oor en die gesprek tussen hul werk. Kom luister wat hulle sê en kom vra self vrae oor die kunswerke.

Toegang is gratis en ʼn glasie wyn kos R10.

RSVP by Anne-Grett Erasmus by galery@breytenbachsentrum.co.za

Meer inligting en aanwysings om by die Breytenbach-sentrum uit te kom hier.

“Gas” Exhibition at the Breytenbach Gallery in Wellington, South Africa, February 2016 | Contact Anne-Ghrett for sales galery@breytenbachsentrum.co.za