A series of paintings done at a temporary studio at Westbrook Farm near Toorberg in the Graaff-Reinet district in December 2015 and January 2016. The paintings will be part of an exhibition at the Breytenbach Gallery in Wellington in February 2016.
Author: Administrator
Slaaptyd in die Suburbs – Brixton Moord en Roof Orkes
“Slaaptyd in die suburbs” is die Brixton Moord & Roof Orkes se derde en laaste album. Dis as ‘n beperkte oplaag van 100 bundels met lirieke en skilderye van Marguerite Visser aan die einde van 2014 vrygestel en as CD aan die begin van 2015. In 2021 is die album vir streaming vrygestel, en ‘n nuwe mix in 2024.
Luister op Apple, Spotify, YouTube, ens.
Uittreksel uit ‘n resensie:
“Brixton Moord & Roof Orkes het nou maar die manier om jou na die werklikheid terug te ruk, of tot wysheid en alternatiewe insigte te bring. Die album Slaaptyd in die Suburbs is geen uitsondering nie. Op hierdie album leer ken ons verskillende mense, elkeen met sy eie klein storie en groot verdriet. Elkeen ken iemand soos Vera, Lenie, Mariaan, Marius… Dit was omtrent ’n dekade gelede dat die orkes laas ’n album gemaak het. Hierdie album is dus meer as welkom, al konfronteer dit jou met dinge wat jy soms wil ignoreer. Neem nou maar ‘Kleinburgerlike Kreet’ wat jou opnuut laat kyk na hoe die woonbuurt lyk waar jy bly. Die elektriese heinings en diefwering skree vir jou net soos jy wil skree, al weet jy dit is verniet. En in ‘Die ballade van Vera Naudé’ identifiseer jy met haar versugting van ontburger te wees deur vrees en haat. Dan is daar die heerlike ironiese lied ‘Tankwa-Karoo’ van iemand wat stilte gesoek het, maar dan skielik besef dat dit ook nie is waarna hy gesmag het nie. Hier word weer bevestig dat Totius tog reg was toe hy gesê het die wêreld is ons woning nie. En jy kan met Amanda Strydom saamstem dat die enigste plek waar jy dalk sal rus vind die kamer in jou kop is. Geen album van hierdie orkes gaan jou die son laat sien sonder om bewus te wees van die wolk wat kan inskuif nie. Dit laat jou egter helder sien, en dink laat dit jou dink. Die lirieke is altyd so vasvat waar. ’n Mens kan jou verlustig in die digterlikheid terwyl ’n mes in ’n wond of twee draai. Wat ’n mens veral van hulle waardeer, is die manier waarop hul musiek jou onmiddellik gryp en jou aandag hou. Hier is geen geteem of tranerige wysies nie. Selfs die einde van dae, verlies, ’n tronksel en verlange wil jy met jubelende voete op maat van die musiek tegemoet dans.”
– Mariana Malan, Die Burger, 6 Mei 2015
Brixton Barnard, die band se baskitaarspeler en skrywer van baie van die musiek, is kort na die vrystelling van die album aan breinkanker oorlede. Lees ‘n huldeblyk op Versindaba.
“Profesie”
Series: “Nanny”
Title: “Nanny I” and “Nanny II”, by Andries Bezuidenhout, charcoal on paper, 20 x 14 cm on A3 and 23 x 14 on A3
These two drawings are dedicated to the South African academic Ena Jansen, who writes on childcare and domestic labour in Afrikaans literature.
Price: R2 000 for the series of two For sales contact: admin[at]andriesbezuidenhout.co.za
“‘n Mot, mos”
Title: “‘n Mot, mos” and “‘n Mot, laatmiddag mos”, by Andries Bezuidenhout, charcoal on paper, 20 x 15 cm on A3 and 25 x 18 cm on A3
Two charcoal drawings of a moth.
Price: R1 500 for the set of two For sales contact admin[at]andriesbezuidenhout.co.za
Central Garage, Loeriesfontein

Title: “Central garage, Loeriesfontein”, by Andries Bezuidenhout, oil on canvas, 71 x 61 cm
Artist on this work: “I’m in the process of exploring warm and cold light – dawn vs. electric light, direct vs. reflected light. I’m interested in fuel stations in various parts of the country, specifically the Karoo. These places raise questions around fossil fuel and the process of fracking that will commence in the Karoo in the near future. While working on these paitings, I constantly think of Ed Hopper’s painting Gas.”
Price: R9 000 (SOLD)
Populiere naby Kompasberg
Title: “Populiere naby Kompasberg”, by Andries Bezuidenhout, oil on canvas, 51 x 61 cm
Poplar trees near Kompasberg – or “Compass Mountain”. Shortly after sunset on the road from Nieu Bethesda in South Africa’s Karoo region, past the Van Heerden farm, on to Kompasberg.
Price: R4 500
To buy this painting contact Alice-ka at the Hanover Hotel at (053) 643 0019 or reservations@hanoverhotel.co.za
Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle
Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle is Andries Bezuidenhout se tweede digbundel en is in 2014 deur Protea Boekhuis gepubliseer.
In Andries Bezuidenhout se tweede bundel word twee werklikhede wat op die oog af nie raakpunte het nie, naas mekaar geplaas. Aan die een kant is daar die groter ruimte van die Suid-Afrikaanse stad en platteland, en aan die ander kant die intieme ruimte van die huis, veral die kombuis, gevul met verskillende toestelle. In albei hierdie ruimtes is verandering aan die werk. Die slopende werking van die geskiedenis bring verval, afsondering en verlatenheid in stad en dorp mee; in die kombuis is die verandering geheimsinniger, soms meer sinister, en wonder die spreker oor die sameswerings van huishoudelike toestelle teen hulle gebruikers (“Kombuiskomplot”). In die gedig “Muizenberg, renovator’s dream” word die verandering wat die geskiedenis meebring, gesien as die “ewige ritme van bou en verval”, daarenteen is die prosesse in die huis, afkoeling, reiniging, en voorbereiding van maaltye iets baie meer basies, maar noodsaaklik, soos die digter in “You’ll always find me in the kitchen at parties” aanvoer: “Die geskiedenis, liewe vriende,/word selde in fabrieke vervaardig,/soos enige digter wat haar sous werd is weet:/In kombuise word dit opgekook.”
Andries Bezuidenhout is dosent in arbeidsosiologie aan die Universiteit van Pretoria, maar is ook bekend as rocksanger en visuele kunstenaar. Hy het in 2007 met Retoer as digter gedebuteer. Retoer was ’n baie goeie verkoper en hierdie bundel behoort ook by baie lesers aanklank te vind. PRYS: R150.00 (BTW ingesluit); ISBN: 978-1-4853-0072-4; FORMAAT: 213 x 137 mm; Sagteband; 76 pp; Protea Boekhuis, 2014.
Koop die bundel by Takealot (ook beskikbaar as e-boek) of by Amazon.
Lees Joan Hambidge se resensie van die bundel op Versindaba.
Lees Jaco Barnard-Naude se resensie-essay oor die bundel op LitNet Akademies.
Lees Rudolph Stehle se resensie in Beeld, asook ‘n onderhoud met Andries.
Lees Maggie Marx se resensie van die bundel in Rapport.
Lees ‘n onderhoud met Andries deur Louis Esterhuizen op Versindaba.
Kyk na ‘n onderhoud op YouTube met Andries op die ontbytprogram Dagbreek oor die bundel.
Lees ‘n onderhoud met Andries deur J.B. Roux oor die bundel in Die Burger, asook “Koelkas”, een van die gedigte in die bundel.
Series: “Huishoudelike patente”
Series of 12 titled: “Huishoudelike patente”, ink, charcoal and acrylic on reproductions of sketches made to register patents, size A4, by Andries Bezuidenhout
Artist’s statement: “Working on my second book of poetry, titled ‘Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle’ [Tr: Multiple uses for domestic appliances], got me interested in sketches drawn for patent registrations. I downloaded a range of these sketches from the web – from very old patents for refrigerators and washing machines to more recent ones for computers and cellular phone applications. Since they were public record and therefore in the public domain, I wanted to use these as graphics for the poetry book. However, often the reproductions were of such poor quality that they pixelated terribly. I decided to work on them, mostly with ink and charcoal, and in one case (number XII), acrylic paint. I couldn’t help but chuckle at myself for manipulating sketches made by other people in order to protect their intellectual property. Patent sketches are not drawn as art, but I think the best ones lend themselves to the creation of art. The Afrikaans title for the series is ‘Huishoudelike patente’. I guess one could translate this as ‘Patently domestic’. The English translation actually works better than the original, I think. Maybe these sketches capture in some unintended way how I feel about the forthcoming book of poetry.”
Price: R10 000 for the series For sales contact admin[at]andriesbezuidenhout.co.za
More on the book of poetry Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle (in Afrikaans).





















