Andries op Facebook oor hierdie video: “In Julie is ek en Irma sak, pas en kitaar al die pad Nxuba (ook bekend as Cradock) toe vir Etienne van Heerden se jaarlikse veldsoirée. Hierdie boekefees is nou een van die belangrikste oomblikke op my jaarlikse kalender. Ek het gepraat oor van die drama by die Universiteit van Fort Hare en ook ‘n kans gekry om mense met ‘n solo vertoning te teister. Die mense van LitNet, by name Izak de Vries en Hanné Koster het die optrede opgeneem, dit geredigeer en nou is die jammerlike oomblik op YouTube verewig. As jy kans sien vir my gesanik, gaan kyk gerus. Op ‘n ernstiger noot, die eerste drie songs in die optrede kom van my nuwe album af – dit word 9 Oktober vrygestel. So hierdie is ‘n live en akoestiese voorsmakie van wat kom. Kyk gerus en deel tog met vriende wat daarvan sal hou.”