VERMEER
So lank as wat daardie vrou in die Rijksmuseum
in geskilderde stilte en konsentrasie
dag na dag aanhou om melk
van kruik na skottel te skink
het die Wêreld steeds nie die wêreld
se einde verdien nie.
(Vrye vertaling van ‘n gedig deur Wisława Szymboska)